SWART-VRYDAG-AANBOD! Betaal slegs R9,99 vir die eerste twee maande as jy nou ’n intekenaar word. Spring gou!
SuperRugby
Regstreeks: Leeus val vas in Wellington

Die Hurricanes loop met 10-3 voor, maar die agterstand is nog skaflik. Kan die Leeus beter aanpas in moeilike toestande? Volg die aksie regstreeks hier. 

06 Aug. 11:21:34

Dis als verby. Na 21 jaar se gewag is die Hurricanes die eerste keer Superrugby-kampioene danksy ‘n sege met 20-3. Hulle het hul kanse vandag beter benut en die Leeus met aggressiewe verdediging van hul gebruiklike aanvallende ritme ontneem. Die Leeus verdien egter lof. Hoewel dit nie so op die telbord lyk nie, het die wedstryd baie meer gelykop verloop.

06 Aug. 11:16:41

As die Leeus nie vandag druk nie, sal dit die enigste keer wees wat hulle nie oor die doellyn in 2016 kon kom nie. Nie juis 'n geleë tyd daarvoor nie...

06 Aug. 11:15:56

Met enkele minute oor werp die Leeus alles in die stryd. Al hul plaasvervangers is nou op die veld. Die Hurricanes bly egter tieragtig verdedig op hul doellyn. ‘n Skewe lynstaan-ingooi ontspoor dié keer die Leeus. 

06 Aug. 11:07:35

Warren Whiteley staan ‘n onnodige strafskop af met ‘n duikslag op Beauden Barrett in die lug. Die Canes skop kantlyn toe en ‘n Babelse verwarring volg daarna met die bal wat losspat van ‘n lynstaan naby aan hul doellyn. Die bal word oor die doellyn geskop en Barrett kry eerste hande by. Sy doelskop maak die telling nou 20-3 vir die Canes.

06 Aug. 11:00:35

Ai tog, Elton Jantjies stoot sy strafskop-poging pale toe links verby. Die Hurricanes bly met 10 punte voor: 13-3.

Dit is nie sy dag nie...

06 Aug. 10:58:36

Die Leeus se klein terriër, Faf de Klerk, help ‘n strafskop afdwing met ‘n plettervat. Hy speel met hart en siel.  Kan hy die vonk verskaf wat die Leeus terugkry in die wedstryd?

Meer oor:  Blog  |  Leeus  |  Hurricanes
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.