Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
SuperRugby
RG lei Bulle eerste keer in Leeukuil

Die Springbok-slot RG Snyman sal die Bulle vir die eerste keer Saterdag teen die Leeus op Ellispark aanvoer.

RG Snyman en die Bulle Donderdag op die oefenveld in Pretoria. Foto: Gallo Images

Snyman lei die span in die afwesigheid van die Bok-losskakel, Handré Pollard, wat nie betyds van ’n rugbesering kon herstel nie.

Die jong Manie Libbok sal in Pollard se afwesigheid op losskakel begin.

John Mitchell, die Bulle se breier, het verskeie ander veranderinge aan sy beginspan gemaak wat die Jaguares verlede week in Pretoria geklop het.

Travis Ismaiel het van ’n besering herstel en begin op vleuel in Divan Rossouw se plek, terwyl Embrose Papier vir Ivan van Zyl plek maak op skrumskakel.

Op flank vervang Thembelani Bholi vir Jannes Kirsten, terwyl Kirsten na slot skuif in Ruben van Heerden se plek, wat ook beseer is.

Drie plaasvervangers, Johan Grobbelaar, Ruan Nortjé en Boeta Hamman, sal hul Superrugby-buigings maak as hulle opgestuur word.

Bulle: Warrick Gelant, Travis Ismaiel , Jesse Kriel, Johnny Kotze, Jamba Ulengo, Manie Libbok, Ivan van Zyl, Hanro Liebenberg, Thembelani Bholi, Marco van Staden, RG Snyman (k), Jannes Kirsten, Conraad van Vuuren, Jaco Visagie, Pierre Schoeman. PLAASVERVANGERS: Johan Grobbelaar, Matthys Basson, Mornay Smit, Ruan Nortjé, Nick de Jager, Embrose Papier, Boeta Hamman, Divan Rossouw.

Superrugby-bepalings 

Superrugby-puntelyste 

Superrugby-uitslae

Meer oor:  Leeus  |  Bulle  |  Rg Snyman
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.