Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
SuperRugby
Rieko op 22 reeds by Super-vyftigtal
Rieko Ioane vier ’n drie in verlede jaar se Wêreldbeker-toernooi in Japan. Foto: Getty Images

Die All Black-vleuel Rieko Ioane vier in Maart maar sy 23ste verjaardag, maar sal Vrydag reeds sy vyftigtal in Superrugby bereik.

Ioane sal dié mylpaal op sy tuisveld, Eden Park, bereik wanneer die Blues die Chiefs in die eerste Superstryd van die 2020-seisoen pak.

Die Engelse senter Joe Marchant maak Vrydag sy debuut vir die Blues in hul Superrugby-wedstryd teen die Chiefs. Foto: Getty Images

Dié makro-vleuel, met 26 toetse op sy kerfstok, het al 33 drieë in ’n Blues-trui ingeryg.

Ioane vorm deel van ’n interessante beginspan.

Die buitesenter, Joe Marchant (23), het verlede jaar in drie toetse vir Engeland toetsrugby gespeel, terwyl die oopkantflank, Tony Lamborn, 28 toetse vir Amerika op sy kerfstok het.

Marchant en Lamborn sal albei hul debuut vir die Blues maak.

Die Chiefs se vertoning in Auckland sal ook met groot belangstelling dopgehou word, want dié span word vanjaar deur Warren Gatland, jarelange breier van Wallis, afgerig.

Gatland het ’n groentjie-losskakel, Kaleb Trask, vir dié kragmeting gekies.

Damien McKenzie, wat voor sy besering verlede jaar gereeld die nr. 10-trui gedra het, sal op heelagter wees.  – TeamTalk

Spanne

Blues: Matt Duffie, Mark Telea, Joe Marchant, TJ Faiane, Rieko Ioane, Stephen Perofeta, Jonathan Ruru, Hoskins Sotutu, Tony Lamborn, Dalton Papalii, Tom Robinson, Patrick Tuipulotu (k), Sione Mafileo, Kurt Eklund, Alex Hodgman. PLAASVERVANGERS: Ray Niuia, Karl Tu’inukuafe, Ofa Tuungafasi, Josh Goodhue, Blake Gibson, Sam Nock, Harry Plummer, Emoni Narawa.

Chiefs: Damian McKenzie, Sean Wainui, Quinn Tupaea, Alex Nankivell, Solomon Alaimalo, Kaleb Trask, Te Toiroa Tahuriorangi, Sam Cane (k), Mitchell Karpik, Lachlan Boshier, Mitchell Brown, Tyler Ardron, Nepo Laulala, Samisoni Taukei’aho, Aidan Ross. PLAASVERVANGERS: Bradley Slater, Atu Moli, Angus Ta’avao, Naitoa Ah Kuoi, Pita Gus Sowakula, Brad Weber, Aaron Cruden, Anton Lienert-Brown.

  • Afskop: Vrydag se kragmeting skop om 08:05 (SA tyd) af.


Meer oor:  Rieko Ioane  |  Superrugby  |  Chiefs  |  Blues
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.