Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
SuperRugby
Rob mor: ‘Ons swakste in ’n lang tyd’

Die Haaie het geen ywer gewys nie en hul ingesteldheid was boonop vrot, sê die span se breier, Robert du Preez, oor hul vernederende nederlaag van 17-51 Saterdag teen die Jaguares in Durban.

“Ons was net ongelooflik swak vandag,” het Du Preez ná die wedstryd erken.

Curwin Bosch word Saterdag deur die Jaguares se Emiliano Boffelli platgetrek. Foto: Gallo Images

Die Haaie se ou kwaal van onbestendigheid het opnuut kop uitgesteek. Nadat hulle verlede Vrydag skitterend gespeel het onderweg na hul sege van 42-5 oor die Leeus op Ellispark, was hulle Saterdag vrotsig.

“Al die goeie werk wat ons verlede week gedoen het, is ongedaan gemaak,” sê Du Preez.

“Ons het verlede week een van die beste vertonings deur ’n Haaie-span die afgelope paar jaar gelewer en vanaand was een van die swakste vertonings tot nog toe deur ’n Haaie-span.”

Nie net was die Haaie se basiese vaardighede – soos om die bal te vang of hul eie lynstane te bemeester – heeltemal afwesig nie, die span het boonop ongeïnteresseerd voorgekom. Asof hulle steeds ’n babelas het van hul spogsege oor die Leeus.

“Alles waarvoor jy nié talent nodig het nie – ingesteldheid en ywer – al daardie goed was vrot vandag,” sê Du Preez.

Hy besef die Haaie moet bitter vinnig hul kwaal van onbestendigheid uitstryk.

“Jy kan nie een week fantastiese rugby speel en dan ’n vertoning soos dié lewer nie. Dit is net nie goed genoeg nie.”

Hy sê die Jaguares het eenvoudig met ’n groter aptyt vir ’n sege as die Haaie opgedaag.

Die Haaie sou nog verder verloor het, was dit nie vir die individuele briljantheid van Curwin Bosch nie.

Dié heelagter het sy skitterspel teen die Leeus voortgesit en hy was alleenlik verantwoordelik vir albei van die Haaie se drieë. Hoewel die meer beweegruimte op heelagter hom straks goed pas, het hy die tweede drie van die losskakelposisie af geskep.

Dit is dalk tyd vir Robert du Preez jr. om ’n blaaskans te kry.

Puntemakers:

Jaguares 51 (21): Drieë: Tomas Cubelli, Pablo Matera (2), Matias Orlando (3), Matias Moroni. Doelskoppe: Domingo Miotti (5). Strafdoele: Miotti (2).

Haaie 17 (10): Drieë: Hyron Andrews, Aphelele Fassi. Doelskoppe: Robert du Preez, Curwin Bosch. Strafdoel: Du Preez.

Superrugby-bepalings

Superrugby-puntelyste

Superrugby-uitslae

Meer oor:  Haaie  |  Robert Du Preez  |  Superrugby  |  Jaguares
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.