Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
SuperRugby
Robert du Preez loof sy span se ywer

Was dit nie vir twee “sagte drieë” laat in die wedstryd nie, kon die Haaie hul Superrugby-toer in Australasië Saterdag in Hamilton teen die Chiefs onoorwonne afgesluit het, sê Robert du Preez. die span se afrigter.

Die Haaie het ’n opwindende wedstryd met 23-29 verloor nadat hulle met 13 minute se speeltyd oor met 23-17 voorgeloop het.

DURBAN, SOUTH AFRICA - APRIL 16: during the Cell
Robert du Preez. Foto: Gallo Images

Twee Chiefs-drieë binne minute van mekaar laat in die wedstryd, het die Haaie gesink.

“Daar was net ’n paar sagte oomblikke, twee maklike drieë wat ons deurgelaat het, wat ons duur te staan gekom het,” het Du Preez Saterdag uit Nieu-Seeland aan Rapport gesê.

“Die ouens se werkverrigting was uitstekend. Hulle het hard probeer,” sê hy.

In die eerste halfuur het die Haaie drie keer die bal binne 10 m van die doellyn aangeslaan. Met twee van daardie kere het hulle ’n opbou van rondom tien fases gehad.

“Dit was teleurstellend, en ons het ook nie die 10 minute benut toe die Chiefs met net 14 man moes speel weens ’n geelkaart nie,” sê Du Preez.

Die Haaie het wel in die tydperk toe Nathan Harris van die veld was, 10 punte aangeteken.

Die breier sê van die skeidsregter, Nic Berry, se beslissings het ook nie na sy span se kant toe gegaan nie.

“Ek dink tog daar was ’n paar geleenthede wat nie na ons kant toe gekom het nie, en dat daar ’n paar taai beslissings teen ons was.”

Een van die drieë wat die Chiefs gedruk het, het van ’n rolmaalbeweging 5 m voor die Haaie se doellyn gekom. Op heruitsendings van die skop wat tot daardie lynstaan gelei het, wil dit egter lyk of die Chiefs die bal oor die doodlyn geskop het.

Du Preez het nietemin sy span geloof vir die wyse waarop hulle hul toer afgesluit het.

“Die wedstryd teen die Cru­saders en dié een was bitter naby, en ek glo die span is op ’n opwaartse kurwe. Dit was ’n goeie toer.” 

Superrugby-bepalings

Superrugby-puntelyste

Superrugby-uitslae

Meer oor:  Haaie  |  Robert Du Preez  |  Superrugby  |  Chiefs
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.