Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
SuperRugby
Rooi gety gaan Jaguares in Kaapstad tref

’n Bielie van ’n voorry met die terugkeer van die Springbok-loskopstut Steven Kitshoff gaan die Stormers na verwagting aanvuur in Saterdag se Superrugby-wedstryd teen die Jaguares op Nuweland.

Steven Kitshoff is oorgehaal vir die Jaguares. Foto: Gallo Images

Kitshoff (26) het die Westelike Provinsie in 2015 vir Bordeaux-Begles in Frankryk verruil, maar dié rooikop is terug in die Kaap om sy Bok-ambisies hopelik in die komende seisoene te verwesenlik.

Agterlangs gaan die voormalige Cheetahs-vleuel Raymond Rhule waarskynlik sy buiging maak. Die Blitsbok-drieëvraat Seabelo Senatla, en nie die nuwe aanwins Sergeal Petersen nie, gaan na verwagting die ander vleuel wees.

Met twyfel oor die Bok-slot Pieter-Steph du Toit se fiksheid, is die verwagting dat Chris van Zyl en JD Schickerling vir hom en Eben Etzebeth sal instaan. Etzebeth en die Bok-vaskopstut Frans Malherbe is op die langtermynbeseringslys.

Die Stormers se afrigter, Robbie Fleck, kan hom egter beroep op nóg ’n Bok-vaskop, Wilco Louw.

Agterlangs is die groot gesprekspunt of die gebrek aan ’n ervare losskakel vanjaar Stormers se swakpunt gaan wees.

Damian Willemse is ’n begaafde jong speler, maar slegs 19 jaar oud. Hy was toe verlede jaar se Curriebeker-reeks einde se kant toe gestaan het die Westelike Provinsie se heelagter, met Robert du Preez wat die nr. 10-trui gedra het.

Raymond Rhule gaan sy buiging vir die Stormers maak. Foto: Gallo Images
Die jong Damian Willemse moet Saterdag baie druk hanteer. Foto: Gallo Images

Du Preez is natuurlik Haaie toe en met die WP wat slegs twee onbesonge losskakels, Josh Stander en George Whitehead, by hul arsenaal gevoeg het, ly dit min twyfel dat Willemse die generaal gaan wees.

Natuurlik sou Willemse ook baie baat gevind het by die blootstelling wat hy vlugtig in verlede jaar se Super- en daarna die Curriebeker-reeks gekry het, so dis beslis nie buite die kwessie dat hy in die komende maande tot sy reg kan kom nie.

Of hy sy aanvallende instinkte kan aanvul met ’n vermoë om die wedstryd takies te bestuur, is egter die vraag wat beantwoord moet word.

Met Dillyn Leyds, nie SP Marais nie, wat waarskynlik die heelagter gaan wees, sal Willemse ook die druk van stelskopwerk hê.

Op senter gaan JJ Engelbrecht eers nog vir sy kans moet wag, met Fleck wat na verwagting vir Damian de Allende en EW Viljoen as senterpaar gaan kies.

Vir De Allende is dit ’n belangrike seisoen. Hy was in sy deurbraakjaar, in 2015, net-net nie Suid-Afrika se Rugbyspeler van die Jaar nie. Sedertdien speel hy nie na sy potensiaal nie. Dis vir die Stormers se onthalwe belangrik dat hy tot sy reg kom, want Huw Jones het teruggekeer na sy geboorteland, Skotland, en terwyl Daniel du Plessis op die krukkelys is, het Fleck eenvoudig nie ’n ander opsie vir die nr. 12-trui nie.

* Moontlike Stormers-span: Dillyn Leyds, Raymond Rhule, EW Viljoen, Damian de Allende, Seabelo Senatla, Damian Willemse, Dewaldt Duvenage, Nizaam Carr, Cobus Wiese, Siya Kolisi (k), JD Schickerling, Chris van Zyl, Wilco Louw, Bongi Mbonambi, Steven Kitshoff.

Bepalings.

Meer oor:  Stormers  |  Steven Kitshoff  |  Superrugby  |  Jaguares
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.