Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
SuperRugby
Rosko moes twyfel by Bulle oorwin

Rosko Specman gee toe daar was ’n punt wat hy in sy eie vermoëns begin twyfel het toe hy vroeër dié seisoen onverklaarbaar uit die Bulle se beginspan gelaat is.

Rosko Specman blaas ’n soentjie vir toeskouers in Melbourne nadat hy ’n drie gedruk het teen die Rebels. Foto: Getty Images

Waarom dié buksie met die indrukwekkende vaartversnelling en aftrap ewe skielik in onguns gekom het by Loftus Versfeld, is steeds ’n raaisel.

Dink terug aan daardie twee skouspelagtige drieë waarmee hy die Stormers op pad doellyn toe gemesmeraais het in die openingsronde van die Superreeks.

“Daar was ’n tyd wat ek myself afgevra het of ek goed genoeg is om Superrugby te speel.

“In sulke gevalle sal daar altyd ’n ‘hoekom?’ en ’n ‘waarom?’ wees, maar ek het altyd hoop gehad.

“Ek het selfondersoek gedoen en probeer om te verbeter waar ek moet,” het die voormalige Blitsbok Dinsdag uit Australië gesê.

Specman het sedertdien sy terugkeer gemaak en het dit Vrydag in die Bulle se eerste toerwedstryd Doer Onder met ’n drie teen die Melbourne Rebels gevier.

Hy sê die gees in die groep is aansteeklik nadat die Bulle in Melbourne vir die eerste keer in drie jaar ’n wedstryd in Australasië kon wen.

“Die gees is lekker en die manne wíl vir mekaar speel.

Coach Pote (Human) het ons gewaarsku dat dit ’n lang toer sal word as ons verloor.”

Die Bulle-vleuel Rosko Specman neem Vrydag ’n selfie saam met aanhangers nadat sy span die Rebels met 32-17 verslaan het in Melbourne. Foto: Getty Images

Volgens Sanzaar se statistieke het die 30-jarige vleuel sover vanjaar al 18 keer bresse geslaan, wat jou nogmaals laat wonder waarom ’n speler met so ’n sterk X-faktor weggestuur is om in die SuperSport-uitdaagreeks te gaan speel.

Daar was wel al vrae oor sy verdediging in dié formaat van die spel.

Dit is onvermydelik dat Specman, wat nie die skaal verby die 85 kg-kerf trap nie, in Superrugby weekliks teen groter vleuels te staan kom.

“Ek hou van ’n uitdaging en ek weet hulle sal hul gewigsvoordeel en lengte teen my probeer gebruik.

“In sewesrugby moet jy die groot Samoane en Fidjiane plattrek en dit het my baie gehelp.

“Ek glo hulle is darem ook bekommerd oor dit wat ek op die aanval kan doen.”

Die Bulle is steeds in Melbourne en sal later die week na Canberra reis vir Vrydag se wedstryd teen die Brumbies.

Superrugby-bepalings

Superrugby-puntelyste

Superrugby-uitslae

Meer oor:  Rosko Specman  |  Bulle  |  Superrugby
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.