Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
SuperRugby
Ruan wil nog nie op Kingspark groet

’n Wen is ‘n wen, dit maak nie saak of dit met een of tien punte is nie.

Dit was vandeesweek die mening van die Haaie se slot Ruan Botha. Solank dit net ’n wen is, maak nie saak hoe dit gebeur nie.

Ruan Botha tydens ’n onlangse Haaie-oefenin op Kingspark. Foto: Getty Images

Die dryfveer dat Saterdag se Super-kragmeting teen die Hurricanes op Kingspark in Durban nie sy laaste tuisstryd vir die Haaie moet wees nie, is ’n groot motivering vir hom.

Die oud-Brakpanner sluit hom ná die Superseisoen by London Irish in Engeland aan,

Die Haaie speel hul laaste twee ligaverpligtinge weg van die huis af, teen onderskeidelik die Jaguares in Buenos Aires en sy eertydse span, die Stormers in Kaapstad.

Botha sal alles wil gee dat hulle kwalifiseer vir die uitspeelstryde en hopelik dan ook weer in die Haaitenk in aksie kan wees.

“Ons benader reeds elke wedstryd asof ons in ’n uitspeelstryd betrokke is,” het hy erken.

Botha was geruime tyd uit aksie weens ’n voetbesering, maar sedert sy terugkeer is daar weer vonk in die Haaie se agttal en speel hulle met groot vuur.

“Elke wedstryd is een wat gewen móét word,” reken Botha. “Ek wil graag die leiding help neem voorlangs met my vertonings en daar is by my ’n honger dat elke wedstryd ’n baie fisieke stryd is waar ons spiere kan bult en so die oorhand kry,” vertel hy.

“Ons wil ook niks aan die toeval oorlaat in ons strewe om die Suid-Afrikaanse groep te wen nie. Daarom beskou ons elke kragmeting as die laaste waarin ons speel en wat dus nie verloor mag word nie.

“Ons verdediging teen die Leeus was enorm en dit is ’n oomblik wat jou hart warm laat klop wanneer jy so besielend verdedig en dit uiteindelik uitloop op ’n drie vir jou.

“Daardie trots wat jy dan ervaar, is moeilik om te beskryf,” sê Botha.

Volgens Botha glo hy die Hurricanes, wat deur die eertydse Haaie-afrigter, John Plumtree, gebrei word, hou ’n groter gevaar in as die Leeus gedoen.

Hulle is ’n baie fisieke span voorlangs en het dan ook die vermoë om met hul agterlyn baie skade aan te rig.

“Ons sal hulle selfs gouer moet stuit op die verdediging as wat die geval met die Leeus was,” reken hy.

Superrugby-bepalings

Superrugby-puntelyste

Superrugby-uitslae

Meer oor:  Ruan Botha  |  Haaie  |  Superrugby  |  Hurricanes
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.