Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
SuperRugby
‘SA spelers is net so vaardig soos Kiwi’s’
Paul Feeney. Foto: Getty Images

Suid-Afrika se rugbyspelers is net so vaardig soos Nieu-Seelanders en hoof nie ’n duit terug te staan vir hulle nie.

Dis die mening van die Kiwi Paul Feeney wat as die nuwe aanvalsafrigter van die Stormers in vanjaar se Superrugby-reeks diens gaan doen.

“Kyk maar na die atletiese spelers wat in die Stormers se agterlyn is, kyk na hul voetwerk,” sê hy.

“Ek sien nie dat spanne in Nieu-Seeland meer van die X-faktor-spelers het as wat Suid-Afrikaanse spanne in hul geledere het nie.

Alles kom neer op herhaling en uitvoering, en om seker te maak die ouens het die vertroue om besluite te neem.

“Daar moet net meer tyd belê word (in die opskerp van vaardighede). Honderde en honderde kere se herhaling met sekere dinge, sodat jy dit instinktief kan begin doen en dit meer kere reg doen as verkeerd. Die strukture (hier) is min of meer dieselfde (as in Nieu-Seeland).”

Feeney, ’n voormalige hulpafrigter by die Blues, het verlede jaar ’n Kaapse draai gemaak en die Westelike Provinsie tydens die Curriebeker-reeks uitgehelp. Hy het toe die besluit geneem om hier te kom afrig ná gesprekke met Gert Smal, WP se direkteur van rugby, en die uitvoerende hoof, Paul Zacks.

Volgens hom is dit ’n voorreg en goeie uitdaging om in Suid-Afrika te kan afrig, veral by ’n franchise soos die Stormers. “Robbie het met my gesels oor die rigting waarin hy die span sien beweeg. Dit maak my opgewonde, die manier waarop hy wil hê die span moet speel. Ons sien rugby dieselfde, en soos ek gesê het, hierdie is ’n uitdaging waarna ek uitsien.”

Hy het dit ook nie te moeilik gevind om gemaklik in te pas by die Stormers nie. “Ek het baie vrae gevra, ook van my idees rondgegooi en hulle idees ingeneem.”

Volgens Feeney het die Stormers dit nie so breed aan groot agterspelers nie, maar daar is darem genoeg om uit te kies. Hy sê Damian (de Allende) het verlede jaar alleen die taak gehad om die bal op te vat. “As jy elke keer die houe moet vat, gaan jy ’n prys betaal. Ons moet spelers kry wat daardie verantwoordelikheid kan deel, en ek glo daar is vyf ouens.”

Meer oor:  Bokke  |  Stormers  |  Kiwi's  |  Paul Feeney  |  Rugby
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.