Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
SuperRugby
SA Super-spanne se roete na kwarteind
Handré Pollard, kaptein van die Bulle, en die Bok-agtsteman Duane Vermeulen (middel) groet Saterdag op Loftus Versfeld. Foto: Gallo Images

Wen jou derby en jy is verseker van ’n plek in Superrugby se kwarteindronde.

Dít is die scenario vir die vier plaaslike franchises in die aanloop tot dié kompetisie se laaste groepfase-wedstryde die naweek.

Die voorste agt spanne dring deur en die Bulle (36 ligapunte), die Leeus (35) en die Stormers (34) is in die stadium onder die topagt op die puntelys.

Ook die Haaie – negende op die gekombineerde puntelys met 33 punte – het steeds ’n kans om verder as die groepfase te vorder.

Ook die Haaie – negende op die gekombineerde puntelys met 33 punte – het steeds ’n kans om verder as die groepfase te vorder.

Op Loftus Versfeld kom die Bulle (om 17:15) in die Jukskei-derby teen die Leeus te staan.

Die tuisspan het ses seisoene gelede laas om dié titel uitgespeel, terwyl die Leeus die laaste drie jaar in die eindstryd meegeding het.

Die Bulle het die afgelope maand in Australasië in die wedloop gebly met ’n oorwinning oor die Melbourne Rebels en gelykopuitslae teen die Blues en die Highlanders.

Daar word reeds by Loftus gepraat van ’n toetsatmosfeer Saterdag.

Die Bulle se RG Snyman.

’n Groot gros Bulle, Handré Pollard, Duane Vermeulen, Hanro Liebenberg, RG Snyman en Jason Jenkins, sal ’n laaste keer op Loftus uitdraf.

Die Leeus sal, ondanks die nederlaag wat hulle vroeër die seisoen op Ellispark teen die Bulle gely het, die N1 met selfvertroue aanpak.

Dit is immers ’n span wat weet hoe om uitklopwedstryde te wen en het die laaste paar seisoene oortuigend op Loftus gewen.

Dan ook weer, toe die Leeus verlede seisoen die Crusaders in die eindstryd aangedurf het, het hulle staatmakers soos Warren Whiteley, Kwagga Smith, Franco Mostert en Ruan Dreyer in die agttal gehad.

Hulle sal Saterdag sonder dié sterre wees.

In Kaapstad sal die geld daarop wees dat die Stormers, wat in 2018 11de op die puntelys geëindig het en dus nie die kwarteindfase gehaal het nie, met die Haaie afreken in die spanne se ontmoeting (om 15:05).

Die span van Durban het verlede seisoen in die kwarteindronde gespeel, maar is met 40-10 deur die Crusaders afgeransel.

Die Haaie het die afgelope twee naweke lelik uit die bus geval en het tuis met 17-30 teen die Hurricanes verloor en Saterdagaand in Buenos Aires ’n loesing van 7-34 teen die Jaguares op die lyf geloop.

Daar is selfs ’n kans dat drie Suid-Afrikaanse spanne kan deurdring.

Speel die Bulle ’n derde agtereenvolgende keer gelykop en die Chiefs (31) klop die Rebels (34) in Melbourne, sal drie plaaslike spanne kwalifiseer. In só ’n geval sal die Bulle (38) en Leeus (37) saam met die wenner van die Stormers en Haaie se derby deurdring tot die kwarteindronde.

’n Nederlaag op Loftus sal ook nie noodwendig die einde van die pad vir die Bulle of Leeus beteken nie.

Alles hang af van Vrydag se wedstryde, wanneer die Highlanders (31) tuis teen die Waratahs (30) speel en die Rebels (34) en Chiefs (31) mekaar in Melbourne pak.

Wanneer die SA spanne Saterdag afskop, sal hulle presies weet wat van hulle verwag word om die uitspeelrondes te haal en kan van hulle dalk reeds seker wees van ’n kwarteind-plek.

Wanneer die SA spanne Saterdag afskop, sal hulle presies weet wat van hulle verwag word om die uitspeelrondes te haal en kan van hulle dalk reeds seker wees van ’n kwarteind-plek.

Hoe dit ook al sy, al die Suid-Afrikaanse spanne sal wegwedstryde hê in die kwarteindronde en plaaslike ondersteuners sal min hoop hê dat een van hulle spanne in die halfeindronde of die eindstryd sal aantree.

Veral die span wat agtste eindig het die onbenydenswaardige taak om die Crusaders in Christchurch te pak.

Die span wat sewende eindig behoort ’n afspraak in Buenos Aires met die Jaguares (as hulle die Sunwolves die naweek klop) te hê, terwyl die span wat sesde eindig, moontlik die Brumbies (wenners van die Australiese groep) in Canberra sal aandurf.

Die span wat vyfde eindig, het ’n moeilike wegwedstryd teen die Hurricanes in Wellington.

Superrugby-bepalings

Superrugby-puntelyste

Superrugby-uitslae

Meer oor:  Handre Pollard  |  Rg Snyman  |  Kaapstad  |  Pretoria  |  Derby  |  Kwarteindronde  |  Superrugby  |  Bulle  |  Haaie  |  Stormers  |  Leeus
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.