Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
SuperRugby
SA ‘superhelde’ op 19 Januarie slaags
Superhelde
Maak reg vir 2020 se Superhelde. Foto's: SA Rugby
Stormers
Die Stormers se nuwe truie.
Bulle
Die truie waarin die Bulle gaan uitdraf.
Haaie
Die Haaie se nuwe truie vir 2020 se Super-reeks.
Leeus
Die Leeus se nuwe Superrugby-truie.

Die FNB-stadion buite Johannesburg speel aanstaande jaar gasheer vir Superheld-Sondag, wanneer die Marvel-strokieshelde Captain America, Thor, Spider-Man en Black Panther weer gestalte kry op ’n Suid-Afrikaanse rugbyveld.

Die nuwe superheld-truie waarin die Haaie, Blou Bulle, Stormers en Leeus mekaar aanstaande jaar in plaaslike kragmetings gaan aandurf, is Donderdagaand in Randburg onthul tydens die bekendstelling van Superrugby 2020.

Die plaaslike seisoen skop so vroeg as 19 Januarie af met die Superheld-Sondag, waar die Haaie (Black Panther) om 13:00 teen die Stormers (Thor) speel, en die Bulle (Captain America), wat om 15:15 teen die Leeus (Spider-Man) uitdraf.

Dit sal as voorbereiding dien vir die vier Suid-Afrikaanse verteenwoordigers in die Super-reeks, wat minder as twee weke later amptelik hul veldtogte begin.

Die dubbeldoor-wedstryde in die FNB-stadion sal ook die eerste keer wees wat etlike van die Springbokke wat die Wêreldbeker in Japan verower het, terug by die huis in aksie sal wees.

“Ons het ’n nuwe geslag rugbyhelde wat hul stempel in die Superreeks in 2020 wil afdruk,” sê Mark Alexander, president van die Suid-Afrikaanse Rugbyunie.

“Die Suid-Afrikaanse spanne sal wil voortbou op wat die Springbokke vanjaar vermag het. Rugby in Suid-Afrika het herleef met wat in Japan gebeur het en dit sal oorspoel na aanstaande jaar se Superreeks,” glo Alexander.

Die eerste Superwedstryd op SA bodem aanstaande jaar is op Vrydag, 31 Januarie, wanneer die Haaie en die Bulle in Durban slaags raak.

Die volgende dag kom die Stormers in Kaapstad teen die Hurricanes te staan, met die Leeus wat in Buenos Aires die Jaguares pak.

Die klem gaan wees op gesinsvermaak en wanneer kaartjies beskikbaar gestel word vir die Superheld-Sondag op 19 Januarie, sal daar spesiale pakkette beskikbaar gestel word.

Meer oor:  Superheld-Sondag  |  Superrugby
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.