Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
SuperRugby
Sanzaar stop reeks weens virus

Dit is amptelik: Die Superrugby-reeks sal ná afloop van Sondag se wedstryde vir eers gestaak word.

Só het Sanzaar se uitvoerende komitee in ’n verklaring gesê nadat hy ’n telekonferensie gehou het na aanleiding van Nieu-Seeland se regering wat besluit het om strenger perke op sy grense in werking te stel.

Die Superrugby-reeks is vir eers gestop. Hier is Aphelele Fassi van die Haaie op die aanval in ’n vroeëre wedstryd. Foto: Getty Images

Sanzaar sê hy staak die toernooi vir die voorsienbare toekoms.

“Vyf Nieu-Seelandse spanne speel in die Superrugby-toernooi van 15 spanne en Sanzaar verstaan heeltemal die besluit wat deur die Nieu-Seelandse regering geneem is gegewe wêreldwye kommer oor Covid-19. Die primêre doelwit is om blootstelling aan en die verspreiding van die virus hok te slaan,” sê Sanzaar in sy verklaring.

Volgens Andy Marinos, uitvoerende hoof van Sanzaar, het hulle geen ander keuse as om die spelers se welstand en gesondheid voorkeur te gee nie.

“Ons is uiters teleurgesteld vir die spelers, ons ondersteuners, uitsaaiers en vennote, maar gegewe die kompleksheid van die kompetisie se strukture, en die geografiese dele wat ons dek, het ons geen ander keuse nie.”

Sanzaar het verder ’n beroep op spelers gedoen wat in die buiteland speel om huis toe te keer.

“Ons glo ook dit is tyd vir die spelers wat tans oorsee speel om huis toe te kom en by hul gesinne te wees. Ons prioriteit is daarom om seker te maak spelers is binne hul huise se omgewings vanaf die einde van die naweek.”

Sanzaar sê hy sal nog na alternatiewe planne kyk van moontlike datums om die reeks te laat voortgaan.

Meer oor:  Koronavirus  |  Covid-19-Virus  |  Superrugby  |  Superrugby-Reeks  |  Sanzaar
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.