Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
SuperRugby
Savea se bril nou hier om te bly
Ardie Savea met die bril wat opslae gemaak het in die Wêreldbeker-toernooi in Japan verlede jaar. Foto: Getty Images

Ardie Savea gaan vanjaar weer sy spesiale rugbybril afstof waarmee hy verlede jaar vlugtig in die Wêreldbeker-toernooi gespeel het.

Volgens ’n berig op nzherald.co.nz sal Savea met dié bril vir die Hurricanes speel sodra hy van ’n knieoperasie herstel het. Dít sal moontlik eers in die tweede helfte van vanjaar se Superrugby-reeks wees.

Savea het besluit om dié bril verlede jaar in Japan as beskerming te dra omdat die sig in sy een oog besig was om te verswak. Die lense van die bril het in Japan se bedompige hitte egter toegewasem en hy het dit nie lank gedra nie.

“Dit was waarskynlik die slegste plek om dit te toets vanweë die hitte en humiditeit,” het Savea Dinsdag aan The New Zealand Herald by die bekendstelling van die Superrugby-reeks in Mission Bay in Auckland gesê.

“Maar ek sal aanhou om dit te dra.”

– Sportredaksie

Meer oor:  Superrugby  |  Hurricanes
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.