Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
SuperRugby
Scott spog met nuwe Super-rekord

Die veteraan-losvoorspeler Scott Higginbotham het Vrydag in Brisbane ’n mylpaal bereik én die Reds gehelp om die Blues in ’n Superrugby-wedstryd te klop.

Higginbotham het twee drieë in die Reds se oorwinning van 29-28 oor die Blues gedruk.

Ma’a Nonu het soos gewoonlik stewige spel vir die Blues gelewer. Foto: Getty Images

Sy eerste drie, in die 20ste minuut van die eerste helfte, was Higginbotham se 40ste in Superrugby. Dit is die meeste tot nog toe deur ’n voorspeler in die reeks.

Sy tweede een, kort voor die einde van die wedstryd, het sy span binne bereik van ’n oorwinning oor die Blues gebring.

Die heelagter Bryce Hegarty het met die doelskop geslaag en toe het die Reds vir ’n paar minute vasgebyt vir hul sege.

Die wenspan was met die rustyd nog met 15-21 agter. Hulle het net ná die rustyd die eerste keer die voortou geneem, net om dit weer af te staan.

Danksy hul veggees het hulle egter wel as wenners van die veld gestap.

“Ons het simpel strafskoppe afgestaan, wat ons duur gekos het,” het Blake Gibson, die Blues se kaptein gesê.

Die Reds-kaptein, Samu Kerevi, wat volgende seisoen in Japan klubrugby gaan speel, was tranerig en kon skaars ’n sinvolle woord uitkry ná die eindfluitjie.

Scott Higginbotham het vir die Reds twee keer agter die doellyn gaan kuier teen die Blues. Foto: Getty Images

Dit was sy laaste wedstryd in die Suncorp-stadion vir die Reds.

* Puntemakers: Reds 29 (15): Drieë: Scott Higginbotham (2), Taniela Tuou, Bryce Hegarty. Doelskoppe: Hegarty (3). Strafdoele: Hegarty (1).

  • Blake Gibson, Tanielu Tele’a, Augustine Pulu (3). Doelskoppe: Otere Black (4).
Meer oor:  Reds  |  Blues  |  Brisbane
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.