Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
SuperRugby
Seer kuit knip Pollard se Bulle-toer kort

Die Springbok-losskakel en Bulle-kaptein, Handré Pollard, is vanweë ’n kuitbesering op pad terug Suid-Afrika toe en sal nie weer op die Pretorianers se toer in Australasië in aksie wees nie.

Handré Pollard sal nie weer op die Bulle se Australasiese toer in aksie wees nie. Foto: Gallo Images

Duane Vermeulen sal die besoekers Vrydag in Canberra aanvoer wanneer hulle in die Superreeks met die Brumbies kragte meet.

Pote Human, die Bulle-breier, het boonop bevestig dat Vermeulen ná die wedstryd sal terugkeer huis toe om in nasionale belang te rus.

Dit bring mee dat die binnesenter Burger Odendaal die span in Nieu-Seeland sal lei.

Manie Libbok neem Pollard se plek in die beginspan.

“Pollie se besering is ’n groot slag, want hy is waarskynlik tans die voorste nr. 10 in die wêreld. Ek het egter baie vertroue in Manie. Hy het nog elke keer goed gevaar wanneer hy vanjaar ingespan is,” het Human gesê.

* Bulle: Warrick Gelant, Cornal Hendricks, Johnny Kotze, Burger Odendaal, Rosko Specman, Manie Libbok, André Warner, Duane Vermeulen (k), Hanro Liebenberg, Paul Schoeman, RG Snyman, Jason Jenkins, Trevor Nyakane, Schalk Brits, Lizo Gqoboka. PLAASVERVANGERS: Jaco Visagie, Simphiwe Matanzima, Wiehahn Herbst, Jannes Kirsten, Marco van Staden, Embrose Papier, JT Jackson, Divan Rossouw.

Superrugby-bepalings

Superrugby-puntelyste

Superrugby-uitslae

Meer oor:  Bulle  |  Superrugby
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.