Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
SuperRugby
Shaun Venter se Superrugby-reeks verby

Die Cheetahs het verlore aansien by hul ondersteuners herwin, maar het ’n duur prys betaal vir hul sege van 47-7 teen die Sunwolves Saterdag in Tokio.

Die skrumskakel Shaun Venter het enkelligamente in die 48ste minuut geskeur en sal tussen vier en ses weke op die krukkelys wees.

Die skrumskakel Tian Meyer duik oor vir sy drie ná hy die beseerde Shaun Venter vervang het. Foto: Getty Images

Die kanse is bitter skraal dat hy in hul oorblywende twee wedstryde teen die Stormers op 1 Julie in Bloemfontein en die Southern Kings op 14 Julie in Port Elizabeth sal speel.

Franco Smith, die Cheetahs se breier, sê hulle het die toer goed afgesluit hoewel daar heelwat afdelings is waarop hulle moet verbeter.

Hy sal goed voel oor hul verdediging Saterdag in Tokio.

Dit was uiteraard nie teen ’n Nieu-Seelandse span teen wie hulle gespeel het nie, maar hulle verdien wel lof vir die wyse waarop hulle die Sunwolves weggehou het van die doellyn. Dit was ’n goeie spanpoging, terwyl die plaasvervangers ook ’n groot impak gemaak het.

“Ons het baie lesse geleer in de reeks, veral rondom die intensiteit van die spel, want om kers vas te hou by Nieu-Seelandse spanne het jy op verdediging baie intensiteit nodig en ons het dit in Tokio reggekry.

“Dit was lekker om op die aanval ’n droë bal te hê. Dit was lekker om met die intensiteit te speel wat ons voel ons nodig gehad het, ná ons teen die spanne van Nieu-Seeland gespeel het,” sê Smith.

Hy meen verder ’n span speel so goed soos sy teenstanders hom toelaat.

“Ons het goed gespeel teen die Highlanders, Chiefs en die Crusaders en in die meeste van die wedstryde, maar dit was ’n moeilike toer. Ons het nie teen die Blues ons kanse gebruik nie en ons het ook te veel drieë afgestaan, maar ek dink vandag (Saterdag) het ons goed verdedig.”

Die Cheetahs kry ’n welverdiende blaaskans en sal eers weer op 12 Junie saamtrek.

’n Groepie Cheetahs reis intussen ook op 12 Junie na Mauritius saam met die Curriebeker-afrigter Rory Duncan, waar hulle op 17 en 18 Junie aan die Wêreldklub 10-toernooi deelneem.

* Intussen glimlag die Cheetahs se slot Francois Uys steeds nadat hy die laaste sê in die wedstryd teen die Sunwolves gehad het.

Hy het Sergeal Petersen se drie teen die einde teen die kantlyn verdoel. Dit is vooraf so beplan dat hy sal aanlê pale toe in sy laaste wedstryd vir die Cheetahs. Hy gaan hom later by die Franse klub Grenoble aansluit.

“Dit was lekker gewees. Dis elke speler se droom om jou loopbaan só te kan afsluit by ’n span en daarby was dit ’n goeie oorwinning, veral op toer. Die spelers het vir my gevra of ek die skop sal vat as so iets sou gebeur. Voor die tyd het ons daaroor gepraat en dit het toe so uitgewerk.

“Dit was ongelooflik en spesiaal. Om dit net oor te kon skop… maak maar daarvan wat jy wil, vloekskoot of nie, ek gaan hom vat,” sê Uys.

Puntemakers:

Cheetahs 47 (14): Drieë: Uzair Cassiem (2), Niell Jordaan, Niel Marais, Torsten van Jaarsveld, Tian Meyer, Sergeal Petersen. Doelskoppe: Marais (5), Francois Uys.

Sunwolves 7 (0): Drieë: Sam Wykes. Doelskop: Yu Tamura.

Meer oor:  Sunwolves  |  Cheetahs  |  Tokio
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.