Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
SuperRugby
Skop pale toe was regte besluit – Fleck

Siya Kolisi, kaptein van die Stormers, was in die kol met sy besluit om ’n gelykopstryd te beveilig eerder as om die kantlyn op te soek in die doodsnikke van Saterdag se Superrugby-wedstryd teen die Crusaders op Nuweland.

Jean-Luc du Plessis trek los met die skop wat die Stormers van twee ligapunte verseker het. Foto: Gallo Images

Dít is die mening van Robbie Fleck, die Stormers se afrigter, wat in sy noppies was met sy span se vertoning in die gelykopstryd van 19-elk teen ’n All Black-belaaide span. Jean-Luc du Plessis se skop het die Stormers van twee ligapunte verseker.

Die kans sou daar gewees het vir vier as die Stormers van ’n lynstaan af gedruk het, maar hulle het in vorige wedstryde teen die Hurricanes en Jaguares juis sulke geleenthede verbrou.

“Dit was ’n baie slim besluit om dit gelykop te maak. As ons vir die hoek geskop en balbesit verloor het, sou die span verpletter gewees het,” het Fleck ná die wedstryd aan joernaliste gesê.

“Die ouens het iets uit die wedstryd verdien. Vir my was dit ’n puik wedstryd. Ons het vooraf hieroor gepraat as ’n Rubicon-oomblik vir die res van die veldtog. Dit was ’n goeie vertoning teen die beste span in die reeks. Ek is baie trots.”

Die Stormers se afrigter, Robbie Fleck, tydens die mediakonferensie ná die wedstryd. Foto: Gallo Images

Die Stormers was voor die afskop agt ligapunte agter die Bulle en Jaguares in die Suid-Afrikaanse groep van die Superreeks. Ses is steeds ’n stewige agterstand, maar drie van die Stormers se oorblywende vier wedstryde gaan op Nuweland gespeel word. Saterdag het die Kapenaars ook opnuut gewys hoeveel energie hulle uit hul tuisveld put.

Sam Whitelock, die Crusaders se kaptein, meen ook Kolisi het die regte besluit geneem.

“Dit was baie slim as jy die Stormers se posisie op die puntelys in gedagte hou. Om seker te maak van twee ligapunte was slimmer as om die dobbelstene te rol. Die Stormers het daardie twee ligapunte nodig gehad,” het Whitelock gesê.

* Intussen is die Springbok-haker, Bongi Mbonambi, vir ’n skandering gestuur nadat hy sy bobeen beseer het. Hy is laat in die eerste helfte deur Scarra Ntubeni vervang.

Wilco Louw het nie die wedstryd as vaskopstut begin nie omdat hy las van ’n ligte liesbesering gehad het.

Superrugby-bepalings

Superrugby-puntelyste

Superrugby-uitslae

Meer oor:  Kaapstad  |  Nuweland  |  Jean-Luc Du ­Plessis  |  Robbie Fleck  |  Stormers  |  Crusaders  |  Superrugby
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.