Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
SuperRugby
Smith skitter in opwindende Kiwi-stryd
Aaron Smith laat spaander in Vrydag se wedstryd tussen die Highlanders en die Blues. Foto: Getty Images

Die All Black-skrumskakel Aaron Smith was Vrydag in Dunedin weer op sy allerbeste in die Nieu-Seelandse Superrugby Aotearoa-wedstryd tussen die Highlanders en die Blues.

Met sy blitsige en goeie besluitneming, uitstekende aangeewerk en lastige teenwoordigheid het Smith die Highlanders gehelp om met 35-29 te wen.

Albei spanne het ’n paar opwindende stukkies spel in hierdie aanskoulike wedstryd verskaf.

Smith se skakelmaat, Mitch Hunt, het met sy intelligente spel indruk gemaak, terwyl die flank Shannon Frizell weer ’n barshou gespeel het.

Rieko Ioane steek die doellyn oor vir een van die Blues se drieë teen die Highlanders. Foto: Getty Images

Vir die Blues het die sterk regtervleuel Caleb Clarke en die senter Rieko Ioane onder andere ’n paar goeie lopies gehad.

Ongelukkig het die kragmeting op ’n suur noot geëindig met die Blues se een plaasvervanger-voorryman, Alex Hodgman, wat agt minute voor die einde met ’n rooikaart afgejaag is nadat hy ’n speler van die Highlanders (James Lentjes) met die skouer in die gesig gestamp het.

In daardie stadium was die Highlanders net met 30-24 voor.

• Saterdag kan die Crusaders, die voorlopers in die Nieu-Seelandse reeks, ’n taai stryd teen die Chiefs in Waikato verwag.

• Daar kan hierdie naweek ook twee mededingende kragmetings in Australië se Super-reeks wees.

Die Western Force en die Waratahs pak mekaar Saterdag in Perth en Sondag kom die Brumbies in Melbourne teen die Rebels te staan.

Puntemakers:

Highlanders 35 (22): Drieë: Kazuli Himeno, Josh Ioane, Ngatungane Punivai, Jona Nareki, Michael Collins. Doelskoppe: Josh Ioane (2). Strafdoele: Josh Ioane, Mitch Hunt.

Blues 29 (17): Drieë: Jonathan Ruru, Rieko Ioane, Nepo Laulala, Hoskins Sotutu. Doelskoppe: Otere Black (3). Strafdoel: Black. – Sportredaksie

Meer oor:  Highlanders  |  Blues  |  Superrugby  |  Aotearoa
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.