Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
SuperRugby
Span wat só speel hoort in Superrugby
Dave Rennie, die Chiefs se breier. Foto: Getty Images

Met die manier hoe die Cheetahs Saterdag in die eerste 25 minute teen die Chiefs in Bloemfontein gespeel het, het die span gewys dat hy in die Superrugby-reeks hoort.

Dít is hoe die Chiefs se afrigter, Dave Rennie, die Bloemfonteiners se vertoning teen sy tweemalige kampioenspan opgesom het.

Die Chiefs het die wedstryd met 41-27 gewen nadat die Cheetahs met die rustyd nog met 24-14 voorgeloop het in ’n stryd waarin die Chiefs die tweede helfte soos ’n nuwe span gelyk het.

“Ek het dink die Cheetahs was indrukwekkend. Ons weet daar is druk op spanne oor wie in die reeks gaan bly en die Cheetahs was regtig vol vuur op die veld,” het Rennie gesê.

Die Cheetahs was indrukwekkend. Ons weet daar is druk op spanne oor wie in die reeks gaan bly en die Cheetahs was regtig vol vuur.

“Ek dink ons het hulle egter teen die einde moeg gehad en ons vermoë om die bal lewend te hou, was dalk die verskil tussen die spanne.”

Volgens Rennie was hy nooit werklik bekommerd toe sy span in ’n stadium met 0-24 agter was nie.

“Ek onthou ’n vorige keer toe ons hier gespeel het, was ons met 10-34 agter met die rustyd en ons het toe gelykop gespeel (43-43), so dit was soos déjà vu. Daar was soveel tyd oor en ek het gevoel ons moet net ons hande op die bal kry.

“Ons is ’n span wat vinnig punte kan aanteken. Ek dink ons het goed teruggeveg teen rustyd en momentum begin kry en toe die twee drieë gedruk, so ek was nooit werklik bekommerd omdat ons agter was nie.”

Ek was nooit werklik bekommerd omdat ons agter was nie.
Dave Rennie

Die Chiefs het verlede week in Kaapstad hul eerste nederlaag van die 2017-reeks teen die Stormers gely en in ’n stadium het dit gelyk of die Cheetahs vir hul tweede verantwoordelik sou wees.

Die Chiefs het in die tweede helfte uithalerrugby gespeel om die Cheetahs uiteindelik oortuigend te klop.

“Die laaste 55 minute het ons goeie rugby gespeel, veral op die verdediging. In die eerste 20 minute het ons beswaarlik aan die bal geraak en toe ons wel ons hande op die bal kon kry, het ons twee keer gaan druk,” het Rennie gesê.

“Ons het goed verdedig en kon druk met die bal in die hand toepas.”

Volgens Rennie is met die rustyd besluit om verstellings aan hule verdediging te maak en dit het beslis gehelp.

Meer oor:  Dave Rennie
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.