Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
SuperRugby
Steil bult lê nou vir Haaie in reeks voor
Geen deurkomkans vir die Haaie se Sbu Nkosi nie, met Jordie Barrett (links) en Ben Lam wat hom in Saterdag se stryd voorkeer. Foto: Gallo Images

Die Haaie moet nou ’n stowwerige en stamperige grondpad ry om by die uitspeelstryde van die Super-rugbyreeks uit te kom.

Saterdag se nederlaag van 17-30 teen die Hurricanes op Kingspark in Durban beteken die Haaie moet nou hul twee laaste ligawedstryde weg van die huis wen om enige kans te staan om die uitspeelstryde te haal.

Hulle vlieg Dinsdagaand Buenos Aires toe om die voorloper in die Suid-Afrikaanse afdeling, die Jaguares, Saterdag daar te pak. Daarna moet hulle Kaapstad toe te reis om swaarde met die Stormers te kruis.

Tog glo die afrigter, Robert du Preez, nie dit is ’n onmoontlike taak nie.

Ons het die Jaguares al tog daar by hul huis geklop en kan dit weer doen. Ons gaan met die ingesteldheid soontoe dat ons dit net eenvoudig moet doen.
Robert du Preez

“Ons het die Jaguares al tog daar by hul huis geklop en kan dit weer doen. Die Leeus het hulle vanjaar al twee keer geklop en gewys hulle is nie onoorwinlik nie – en ons gaan met die ingesteldheid soontoe dat ons dit net eenvoudig moet doen,” sê Du Preez.

Die Canes, wat die eerste keer sedert 2005 in Durban kon seëvier, het die eerste helfte hulle s’n gemaak en ’n voorsprong van 20-3 opgebou voordat die Haaie net voor rustyd gedruk het.

“Ek kan glad nie fout vind met my spelers se poging nie. Ons het baie goed teruggeveg vanaf 20-3 agter om dit later 20-17 te maak, maar die probleem was dat ons net te veel besit afgestaan het. Ons moet leer om balbesit te behou en ons fases te bou. Geduld moet meer prominent in ons spel gesien word,” sê Du Preez.

“Ons het in die tweede helfte goeie kanse in hul gevaarsone (naby die doellyn) gehad, maar dit nie benut nie. Dit het ons gekos.”

Ardie Savea. Foto: Gallo Images

Dit was ’n baie fisieke stryd waarin die humeure soms opgevlam het en verskeie skermutselings het uitgebreek.

Die Hurricanes-flank Vaea Fifita is kort voor die einde met ’n rooikaart gestraf vir ’n onwettige en gevaarlike duikslag op Dan du Preez. Sy tugverhoor is Maandag.

Die ander flank, Ardie Savea, was uitstekend en het ’n leeueaandeel in sy span se sege gehad. Hy het ses keer besit afgeneem en sy fisieke teenwoordigheid het die Haaie probleme besorg.

Die Barrett-broers, Beauden en Jordie, was ook ’n handvol.

Puntemakers:

Hurricanes 30 (20): Drieë:
Jordie Barrett, Ngani Laumape en Wes Goosen. Doelskoppe: Beauden Barrett (3). Strafdoele: Beauden Barrett (3).

Haaie 17 (10): Drieë: Aphelele Fassi en Juan Schoeman. Doelskoppe: Curwin Bosch (2). Strafdoel: Bosch.

Meer oor:  Robert Du Preez  |  Durban  |  Buenos Aires  |  Haaie  |  Superrugby  |  Jaguares  |  Rugby
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.