Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
SuperRugby
Stormers dalk Roberts, Kitshoff kwyt

As die Superrugby-reeks hervat, sal die Stormers waarskynlik vir die res van hul veldtog sonder hul Walliese senter, Jamie Roberts, en die Springbok-loskopstut Steven Kitshoff moet regkom.

Steven Kitshoff
Die Springbok-stut Steven Kitshoff kan weens ’n geskeurde borsspier vir tot vier maande op die kantlyn wees. Foto: Gallo Images

Daar word betroubaar verneem dat Roberts moet terugkeer Brittanje toe om sy visum te hernu en weens die koronavirus-kwessie nie weer Suid-Afrika toe sal kan reis nie.

Die prognose oor Kitshoff het ook versleg van tussen 4 en 6 weke langs die kantlyn tot vier maande weens ’n geskeurde borsspier.

Herschel Jantjies, die Stormers se Bok-skrumskakel, het ook in die afgelope naweek se nederlaag teen die Haaie sy been gebreek en gaan vir 3 tot 4 maande buite aksie wees. Dit plaas hom op die krukkelys saam met sy mede-Springbokke Pieter-Steph du Toit, Siya Kolisi en Bongi Mbonambi.

Jean-Luc du Plessis, wat op losskakel begin het teen die Haaie, het ook ’n harde hou in die ribbes gekry.

As die reeks onderbreek moes word, het dit waarskynlik op die regte tyd gekom vir die Kapenaars. 

Sanzaar, die beheerliggaam vir rugby in die Suidelike Halfrond, het die toernooi Saterdag vir ’n onbepaalde tydperk opgeskort.  

Volgens Andy Marinos, uitvoerende hoof van Sanzaar, sal die Superreeks afgelas word indien dit nie binne die volgende vyf weke voortgaan nie.

“Ons is uiters teleurgesteld vir die spelers, ons ondersteuners, uitsaaiers en vennote, maar gegewe die kompleksheid van die toernooi-struktuur, en die geografiese gebiede wat ons dek, het ons geen ander keuse nie,” sê Marinos.

Superrugby-bepalings

Superrugby-puntelyste

Superrugby-uitslae

Meer oor:  Koronavirus  |  Stormers  |  Steven Kitshoff  |  Jamie Roberts  |  Superrugby  |  Covid-19
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.