Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
SuperRugby
Stormers gepantser vir Bulle-stryd

Die Springbok-skrumskakel Jano Vermaak kan straks onder ’n gros spelers tel wat die Stormers versterk vir Saterdag se Superrugby-wedstryd teen die Bulle op Loftus.

Jano Vermaak / Foto: Gallo Images

Ander staatmakers wat van beserings kan terugkeer is SP Marais en Dillyn Leyds. Die verwagting is dat hulle onderskeidelik as heelagter en regtervleuels gekies sal word.

Vermaak is net betyds fiks nadat Dewaldt Duvenage sy ribbes beseer het in die afgelope naweek se sege van 25-19 oor die Reds op Nuweland.

Justin Phillips het waargeneem nadat Duvenage van die veld af is, maar Vermaak se seisoene van ervaring sal Fleck in die versoeking bring om hom sommer dadelik teen sy ou span te kies.

Die wind is vir die eerste keer in vanjaar se reeks in die Stormers se seile. Hulle het ná ’n toer waar hulle klippe gekou het goeie seges oor die Blues en Reds behaal. In dieselfde asem moet genoem word dat ’n mens niks anders behoort te verwag nie as dat hulle daardie soort wedstryde op Nuweland wen.

Die Bulle op Loftus, ongeag hoe goed of sleg die ou aartsvyand is, is ’n heel ander storie en die Kapenaars behoort die buiteperd gereken te word.

“Jy kan duidelik sien dat die Bulle groot vordering gemaak het,” sê die Stormers se afrigter, Robbie Fleck.

“Hulle hou daarvan om met die bal in die hand te speel en hul blitsverdediging is baie goed. Daar is ’n groot verbetering in John Mitchell se eerste jaar as afrigter.”

Die Stormers speel in rukke en stote self baie goeie rugby. Hulle was ná 32 minute teen die Reds met 18-0 voor en dit was vir Fleck ’n frustrasie dat hulle teen die einde moes vasklou om te wen. Daar was genoeg geleenthede om die Aussies ’n groot drag slae te gee.

Raymond Rhule / Foto: Gallo Images

“As Nieu-Seeland se spanne in jou kwartgebied kom rond hulle 9 uit 10 keer af. Ons het seker 10 uit 15 kanse verbrou,” sê Fleck.

Onder die probleme is die gebrek aan kontinuïteit wat deur beserings meegebring word. JJ Engelbrecht is kort voor Saterdag se wedstryd met ’n beenbesering onttrek, wat beteken het dat Craig Barry vleuel toe moes skuif en George Whitehead as heelagter moes opdraf.

Barry het in sy eerste wedstryd in die opdrafspan gelyk asof hy op hierdie vlak hoort. Raymond Rhule het op die ander vleuel ook ’n knap vertoning gelewer.

Soos die vorige naweek teen die Blues was die tienerlosskakel Damian Willemse die groot uitblinker. Hy’s die baba in die span, maar lyk na ’n volwasse losskakel en is in terme van natuurlike talent waarskynlik die beste speler wat die Stormers al ooit in dié posisie gehad het. Nou is dit net ’n kwessie om die potensiaal te verwesenlik, maar hy is goed op pad om ’n afgeronde nr. 10 te word.

Die Reds het vir Willemse en Barry met geniepsige spel geteiken, maar in albei gevalle het hulle opgestaan om belangrike rolle in die Stormers se sege te speel.

Puntemakers:

Stormers 25 (18): Drieë: Dewaldt Duvenage, Wilco Louw, Raymond Rhule. Doelskoppe: Damian Willemse (2). Strafdoele: Willemse (3).

Reds 19 (7): Drieë: Caleb Timu, Alex Mafi, Filipo Daugunu. Doelskoppe: Jono Lance (2).

Superrugby-bepalings

Superrugby-puntelyste

Superrugby-uitslae

Meer oor:  Stormers  |  Bulle  |  Superrugby
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.