Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
SuperRugby
Stormers kry albei kapteins terug
Frans Malherbe (links) Foto: NASIEF MANIE
Juan de Jongh

Kaapstad. – Ná ’n week waar ­ontwrigting die orde van die dag was, swem die Stormers in kalm water voor Saterdagaand se Superrugby-wedstryd teen die Waratahs hier op Nuweland.

Die Kapenaars se voorspelerafrigter, Russell Winter, het gister die goeie nuus uitgestippel: “Juan de Jongh en Frans Malherbe sal albei terug wees. Scarra Ntubeni moet nog getoets word, maar sal waarskynlik ook oorweeg kan word.”

De Jongh het die afgelope naweek se sege van 40-22 oor die Reds weens harsingskudding misgeloop, terwyl ’n verroeste Damian de Allende ­gevolglik sy plek op binnesenter ­geneem het. Malherbe was veronderstel om die span aan te voer, maar is op die oggend van die wedstryd weens siekte onttrek. Vincent Koch het as vaskopstut begin, terwyl De Allende die kaptein was.

Ntubeni behoort op sy beurt ­dadelik in die 23-tal opgeneem te word – waarskynlik as die haker op die plaasvervangersbank nadat ’n ­dyspier die afgelope twee weke gelol het.

Ongeag watter een van Koch en Malherbe op vaskopstut begin, is die taak ná gister effe makliker. Dít nadat die Waratahs besluit het om liefs nie met die Wallaby-­loskopstut Benn Robinson te waag nie.

“Benn het ’n oogprobleem en kan nie reis nie,” het die Waratahs se breier, Daryl Gibson, gister aan die Australiese Rugbyunie se amptelike webtuiste gesê.

Aan Stormers-kant het Robbie Fleck, hul afrigter, nou die keuse om sy sterkste moontlike senterpaar te kies. De Jongh is tot nou slegs as binnesenter gekies, maar ’n fikse De Allende sal hom toelaat om vir sy natuurlike posisie van buitesenter oorweeg te word.

In daardie geval sal Johnny Kotze vir De Jongh plek maak.

Fleck het óók die keuse van Huw Jones op senter. Jones het Saterdag ’n goeie impak van die plaasvervangersbank af gemaak. Dit sal nie verbaas nie as hy sy plek in die 23-tal behou en Kotze dan in die voorwedstryd vir die Westelike Provinsie teen die Goue Leeus speel.

Kotze is ’n faktor op die aanval, maar klou te dikwels aan die bal vas wanneer hy eerder ’n spanmaat in besit behoort te stel. Dis waarskynlik ’n saak van selfvertroue eerder as selfsugtigheid, maar beslis ’n probleem wat uitgestryk moet word.

Superrugby-puntelyste

Superrugby-bepalings

Superrugby-uitslae

Meer oor:  Juan De Jongh  |  Frans Malherbe  |  Scarra Ntubeni  |  Stormers
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.