Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
SuperRugby
Stormers kry nóg breiers vir Super-veldtog
Rito Hlungwani gaan die Stormers se voorspelers in 2020 afrig. Foto: Gallo Images
John Dobson, die Stormers se afrigter.Foto: Gallo Images

Die Stormers het ’n voorspeler-afrigter en tegniese ontleder by hul afrigtingspan gevoeg vir 2020 se Superrugby-reeks.

Rito Hlungwani, wat vir ’n geruime tyd al in die Westelike Provinsie se afrigtingstrukture is, sal die voorspelers afrig.

Labeeb Levey, wat vroeër jare saam met John Dobson, die Stormers se hoofafrigter, gewerk het, sal albei die rolle van tegniese ontleder en vaardigheidsafrigter vervul.

Dobson sal ook bygestaan word deur Dawie Snyman as agterlyn- en Norman Laker as verdedigingsafrigter. Chippie Solomon bly aan in sy pos as spanbestuurder en Riefaat Yappie is die fiksheid- en kondisioneringsafrigter.

Die WP Rugbyunie sê in ’n nuusverklaring dat die span by tye ook bygestaan sal word deur Hanyani Shimangi as skrumkonsultant en Gareth Wright as skopafrigter. Hulle gaan met al die spanne in die WP se strukture werk.

Meer oor:  John Dobson  |  Stormers  |  Wp Rugbyunie  |  Superrugby  |  Rugby
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.