Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
SuperRugby
Stormers kry slegte tyding oor Bongi
Die Stormers-haker Bongi Mbonambi in Januarie nog in ’n goeie luim op die oefenveld. Hy het in sy span se eerste Superrugby-wedstryd, teen die Hurricanes op Nuweland, sy dyspier geskeur. Foto: Gallo Images

Die Springbok-haker Bongi Mbonambi gaan waarskynlik die res van die Stormers se Superrugby-veldtog misloop weens ’n dyspierbesering.

John Dobson, afrigter van die Stormers, het Dinsdag, ná ’n oefensessie in Riebeek-Kasteel die slegte nuus bevestig dat Mbonambi ’n operasie moes ondergaan.

“Ons het aanvanklik gedink dis net ’n gedeeltelike skeur, maar ná nog twee ondersoeke het ons die nuus gekry dat die dyspier heeltemal geskeur het,” sê Dobson.

Dit beteken dat Scarra Ntubeni se fiksheid vir die Stormers vorentoe van kritieke belang gaan wees.

Dobson is ook bekommerd oor die fiksheid van die Bok-skrumskakel Herschel Jantjies voor Saterdag se wedstryd teen die Leeus op Ellispark. Jantjies het las van ’n borsbeenbesering en sal tot Vrydag gegee word om sy fiksheid te bewys.

Die flank Jaco Coetzee sal die naweek weens harsingskudding langs die kantlyn wees.

Superrugby-bepalings

Superrugby-puntelyste

Superrugby-uitslae

Meer oor:  Stormers  |  Bongi Mbonambi  |  Superrugby
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.