Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
SuperRugby
Stormers se baljagter-aanwins breek enkel
Stephan de Wit Foto: Gallo Images

Net toe dit lyk of die Stormers in Stephan de Wit ’n spesialis-baljagter gevind het, het die beseringspook weer toegeslaan.

De Wit (25) het Woensdag op Twitter aangekondig dat hy ’n enkelbreuk opgedoen het, wat straks kan beteken dat hy vir ’n geruime tyd nie vir die Stormers in vanjaar se Superrugby-reeks beskikbaar sal wees nie.

“Gutted that I broke my ankle yesterday Road to recovery now. We can’t control what life throws at us, but we can control how we react #faith” het hy getwiet.

Verlede week, met die aankondiging van sy aanwinste vir dié seisoen, het die Westelike Provinsie se direkteur van rugby, Gert Smal, De Wit se lof besing.

“In Stephan de Wit het ons ’n ware oopkantflank wie bal toe speel, wat balans aan ons losvoorspelers behoort te verskaf,” het Smal toe in ’n nuusverklaring gesê.

De Wit, wat voorheen vir die Goue Leeus gespeel het, is een van ’n handvol onbesonge spelers wat die skuif WP toe gemaak het.

Nog ’n losvoorspeler – Johan du Toit (die Bok-slot Pieter Steph se broer) – het hom ook by die WP aangesluit.

Die WP se verliese in terme van losvoorspelers is egter groter – die ikoniese Schalk Burger is Saracens toe, terwyl ’n puik jongeling, die Junior Springbok Jacques Vermeulen, deur die Haaie gekontrakteer is.

Meer oor:  Beseer  |  Stormers
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.