Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
SuperRugby
Stormers se Bok-flanke terug

Die Springbok-flanke Siya Kolisi en Pieter-Steph du Toit is terug in die Stormers se beginspan vir Saterdag se Superrugby-wedstryd teen die Crusaders op Nuweland.

Pieter-Steph du Toit se terugkeer sal die Stormers-pak meer slaankrag gee vir die uitdagende stryd teen die Crusaders. Foto: Gallo Images

Du Toit vervang vir Cobus Wiese, wat weens JD Schickerling se besering vandeesweek die nr.5-slot sal wees. Kolisi se terugkeer beteken dat Jaco Coetzee agtsteman toe skuif in die plek van Kobus van Dyk, wat na die plaasvervangersbank gerelegeer word.

Jean-Luc du Plessis is fiks verklaar, maar staan nietemin sy plek op losskakel af aan Josh Stander.

Vir die Crusaders keer die deurwinterde All Black-slot Sam Whitelock terug nadat hy vir twee weke met ouerskapsverlof was. Whitelock, wat vir Mitch Dunshea vervang, sal ook die span aanvoer.

Die Kiwi’s is wel een van hul beste spelers kwyt, met die All Black-loskopstut Joe Moody wat teen die Bulle ’n besering opgedoen het. Hy word deur die George Bower vervang.

Stormers: Damian Willemse, Seabelo Senatla, JJ Engelbrecht, Damian de Allende, Dillyn Leyds, Josh Stander, Herschel Jantjies, Jaco Coetzee, Pieter-Steph du Toit, Siya Kolisi (k), Cobus Wiese, Eben Etzebeth, Wilco Louw, Bongi Mbonambi, Steven Kitshoff. PLAASVERVANGERS: Scarra Ntubeni, Corné Fourie, Frans Malherbe, Kobus van Dyk, Sikhumbuzo Notshe, Justin Phillips, Jean-Luc du Plessis, Dan Kriel.

Crusaders: David Havili, Sevu Reece, Jack Goodhue, Ryan Crotty, George Bridge, Richie Mo’unga, Bryn Hall, Kieran Read, Matt Todd, Ethan Blackadder, Sam Whitelock (k), Scott Barrett, Michael Alaalatoa, Codie Taylor, George Bower. PLAASVERVANGERS: Andrew Makalio, Harry Allan, Oliver Jager, Luke Romano, Jordan Taufua, Mitchell Drummond, Mitch Hunt, Braydon Ennor.

Superrugby-bepalings

Superrugby-puntelyste

Superrugby-uitslae

Meer oor:  Stormers  |  Crusaders  |  Superrugby
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.