Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
SuperRugby
Stormers se ‘grootste toets’ wink

Hoe goed is die Stormers werklik?

Drie oorwinnings in soveel wedstryde wys dat hulle ’n aanspraakmaker op ’n plek in die uitspeelrondes van vanjaar se Superrugby-reeks is, maar ’n groot oomblik breek Saterdag aan wanneer die Stormers met die Jaguares op Nuweland kragte meet.

Sergeal Petersen vier op 1 Februarie sy drie in die Stormers se Superrugby-wedstryd teen die Hurricanes. Foto: Gallo Images

“Hierdie is ons grootste wedstryd tot op hede, met die voorste twee spanne in ons groep wat kragte meet,” sê die Stormers-blits Sergeal Petersen.

“Dit gaan ’n goeie karaktertoets wees en ons sal kan sien hoe ver ons van die voorseisoen tot nou gevorder het wat betref ons struktuur en begrip vir die detail. Dit sal skitterend wees as ons dit vier opeenvolgende oorwinnings kan maak.”

Petersen meen ’n karaktertoets wag op hulle omdat die Jaguares enduit volhard met druk op hul teenstanders.

Die wedstryd teen die Jaguares gaan bepaal wie voorloop in ons groep. Dis ’n reuse-een vir ons.
Sergeal Petersen

“Hulle gee nie op nie en sal heeldag in jou gesig wees met fisieke spel deur hul voor- én agterspelers. As ons fisiek én sielkundig opdaag, behoort dit goed te gaan,” sê hy.

Die Stormers sal ook hul standaarde op die verdediging móét lig nadat hulle vier drieë afgestaan het in verlede naweek se doodsnik-sege met 33-30 oor die Leeus op Ellispark.

Twee van dié drieë was wel toe die Kapenaars se gô uit was op die Hoëveld, maar dit was steeds vanuit hul oogpunt teleurstellend gegewe dat hulle nie ’n enkele punt afgestaan het in die vorige twee wedstryde teen die Hurricanes en Bulle nie.

Leolin Zas blaas in Sergeal Petersen en Seabelo Senatla se nek vir ’n plek in die Stormers-span. Foto: Gallo Images

“Ons het die Leeus ’n paar keer deurgelaat en gaan ons lakwerk moet opskerp,” sê Petersen.

“Die doelwit is altyd om só min as moontlik punte af te staan, maar dit geld veral op Nuweland. Die wedstryd teen die Jaguares gaan bepaal wie voorloop in ons groep. Dis ’n reuse-een vir ons.”

Ten einde die doelwit van ’n vierde sege te bereik, was Petersen se goeie vertoning op die aanval teen die Leeus ’n belangrike verwikkeling.

Hy sou ná die wedstryde teen die Hurricanes en Bulle dalk met ’n tikkie angs oor sy skouer geloer het, want Leolin Zas blaas in sy nek vir ’n plek in die beginspan.

Zas, wat teruggekeer het Kaap toe ná ’n misoes by die Haaie, se naam is al ’n paar keur deur die Stormers se afrigter, John Dobson, genoem van spelers op die buitewyke wat hard aan die deur klop.

Petersen besef dit al te goed.

“Ons het goeie mededinging op die vleuels met ouens soos Zas, Edwill (van der Merwe) en Sihle Njezula, wat verlede jaar in die Akademie was. Hulle kan dalk selfs die standaarde van die huidige vleuels oortref as hulle kans kry. Dis goed dat ons (Petersen en Seabelo Senatla) op ons tone gehou word,” sê Petersen.

Superrugby-bepalings

Superrugby-puntelyste

Superrugby-uitslae

Meer oor:  Sergeal Petersen  |  Kaapstad  |  Nuweland  |  Jaguares  |  Stormers  |  Superrugby
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.