Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
SuperRugby
Stormers sweet bloed in Swartland

As die Stormers Dinsdag ’n sê gehad het oor waar hulle wou oefen, sou die meeste van hulle beslis nie Riebeek-Kasteel gekies het nie.

Maar daar’s ’n groter prentjie en dis darem nie die einde van die wêreld om tande te moet kners in snikhete toestande wanneer jy die vooruitsig het om die dag op die Kloovenburg-wynplaas af te sluit nie.

Godlen Masimla sal straks die Stormers se nr. 9-trui op Ellispark dra indien Herschel Jantjies nie betyds van ’n besering herstel nie. Foto: Gallo Images

Die Du Toit-familie boer daar en twee van hulle – Pieter-Steph en Johan – gaan na verwagting in die Stormers se beginspan vir Saterdag se Superrugby-wedstryd teen die Leeus op Ellispark in Johannesburg wees.

“Die eerste rede vir die sessie in Riebeek-Kasteel (sowat 20 km van Malmesbury in die Swartland) is om Ellispark se toestande na te boots, want dis ’n uitdaging om in wedstryde te speel wat om drieuur die middag afskop,” sê John Dobson, die Stormers se afrigter.

“Ons moes die toestande daar só goed as moontlik naboots en ek kan nie dink aan ’n beter plek as hierdie nie. Dit is vandag 39 C° hier. Dit gaan Saterdag in Johannesburg 27 C° wees, maar daardie wedstryd word op die Hoëveld gespeel.

n Wynplaas was Dinsdag straks die regte plek vir Dobson, want die knaende slegte nuus oor beserings is genoeg om enige afrigter tot drank te dryf.

“Tweedens wil ons na gemeenskappe uitreik. Die Du Toits is ook van hier af en hulle is al ’n rukkie gretig om vir ons gasheer te speel.”

’n Wynplaas was Dinsdag straks die regte plek vir Dobson, want die knaende slegte nuus oor beserings is genoeg om enige afrigter tot drank te dryf.

Hierdie keer is die slegte nuus dat die Springbok-haker Bongi Mbonambi na verwagting die res van die Stormers se veldtog weens ’n dyspierbesering gaan misloop. Hy het ’n operasie in Kaapstad ondergaan.

“Bongi gaan lank uit wees. Ons het aanvanklik net geglo dit is ’n skeurtjie, maar ’n skandering het gewys dat dit groter is as wat ons gedink het. ’n Verdere skandering het gewys dat die dyspier van die been af is,” sê Dobson.

Bongi Mbonambi se dyspierbesering plaas sy deelname aan Suid-Afrika se Julie-toetse teen Skotland en Georgië in die weegskaal. Foto: Gallo Images

Dié breier kan nog nie sê hoe lank Mbonambi buite aksie gaan wees nie, maar twyfel of hy vanjaar weer Superrugby gaan speel. Dit plaas sy deelname aan die Bokke se toetse teen Skotland en Georgië in Julie in die weegskaal.

Vir Saterdag se kragmeting teen die Leeus gaan Dobson waarskynlik ook sonder twee van sy grootste uitblinkers in die eerste twee wedstryde, Jaco Coetzee (flank, harsingskudding) en Herschel Jantjies (skrumskakel, skouerbesering), wees.

Godlen Masimla gaan waarskynlik in Jantjies se afwesigheid op skrumskakel begin, maar dit gaan moeiliker wees om Coetzee se plek langs die skrum vol te staan. Die enigste ander baljagter in die Stormers se groep is Nama Xaba, wat Maandagaand vir die Ikeys in die Varsitybeker-reeks gespeel het.

Masimla is ’n geruime tyd al in en uit die Westelike Provinsie en Stormers se strukture, maar kon nog nie ’n deurbraak op senior vlak maak nie.

“Ek’s opgewonde oor Godlen,” sê Dobson.

“Ek het vroeër in sy loopbaan sy lof besing, maar hy het nie ’n deurbraak gemaak nie en ook by die Southern Kings gesukkel. Hy was nou agt maande hier ’n amateur. Hy het gedurende die Curriebeker-reeks saam met ons geoefen en in Januarie ’n kontrak gekry.

“Godlen is terug in die fase waar hy desperaat is om sy stempel af te druk. Hy’s die tweede vinnigste ou in ons groep ná Dillyn Leyds en kan ook vleuel speel, wat ons die opsie gee om ses voorspelers en net twee agterspelers op die plaasvervangersbank te kies.”

Jantjies sal wel tot Vrydag gegee word om sy fiksheid te bewys.

Superrugby-bepalings

Superrugby-puntelyste

Superrugby-uitslae

Meer oor:  John Dobson  |  Stormers  |  Leeus  |  Superrugby  |  Wynplaas
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.