Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
SuperRugby
Stormers veg enduit vir sege oor Leeus

Die Stormers is die enigste onoorwonne Suid-Afrikaanse span in vanjaar se Superrugbyreeks nadat hulle die Leeus Saterdag op Ellispark in Johannesburg in ’n naelbytstryd met 33-30 verslaan het.

JOHANNESBURG, SOUTH AFRICA - FEBRUARY 15: Ruan Nel
Die Stormers se Ruan Nel duik oor die doellyn vir die wendrie. Foto: Gallo Images

Die wendrie is deur die senter Ruhan Nel in die laaste beweging van die wedstryd gedruk.

Dit nadat die Leeus sterk teruggeveg het in die laaste kwartier om ’n agterstand van 15-26 in ’n voorsprong van 30-26 te verander het.

Albei spanne het groot durf en veggees openbaar en nie een wou gaan lê nie.

Die Stormers het hul eerste punte in vanjaar se reeks eers ná altesame168 minute se spel afgestaan toe Elton Jantjies met ’n strafskop slaag.

Die eerste drie wat die Kapenaars afgestaan het, was dié van die Leeus-heelagter, Andries Coetzee, wat ná volgehoue druk in die hoek oor is.

Die Stormers se twee drieë in die eerste helfte het ná foute deur die Leeus gekom. Veral die jong skrumskakel, Morné van den Berg, het ’n paar blapse begaan en een daarvan was om die bal te gooi in die hande van sy eweknie, Godwlin Masimla, wat kon deurnael.

Nadat die Leeus met 15-12 voor was kort voor rustyd, het twee oortredings aan Damian Willemse die kans gegee om met strafdoele die besoekers met die omdraaislag te laat voorloop.

Courtnal Skosan van die Leeus word deur Pieter-Steph du Toit en Godlen Masimla platgetrek. Foto: Gallo Images

Net ná rustyd het hulle nog ’n slag geslaan toe Sergael Petersen ’n oop doellyn gehad het en hy nie met sy vaart gekeer sou word nie.

Die gaping het al hoe groter geword met Willemse se derde strafskop en dit het aan die Stormers ’n gerieflike buffer gebied.

Die tuisspan het egter geweier om te gaan lê en hul eerste punte van die tweede helfte gekry met ’n drie wat Jantjies gedruk het met tien minute se speeltyd oor, om die Stormers-voorsprong tot vier punte te laat krimp.

Die tuisspan het bly knaag daaraan om die skaal weer in hul guns te laat swaai en hul veggees en durf is uiteindelik beloon.

Tog was ’n sege hulle nie beskore nie en is hul hoop op ’n sege in die laaste oomblikke verydel.

* Puntemakers:

Leeus 30 (15): Drieë: Andries Coetzee, Courtnall Skosan, Elton Jantjies, Dan Kriel. Doelskoppe: Jantjies (2). Strafdoele: Jantjies (2).

Stormers 33 (18): Drieë: Juarno Augustus, Godlin Masimla, Sergeal Petersen, Ruhan Nel. Doelskoppe: Damian Willemse, Jean-Luc du Plessis. Strafdoele: Willemse (3).

Superrugby-bepalings

Superrugby-puntelyste

Superrugby-uitslae

Meer oor:  Stormers  |  Leeus  |  Superrugby
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.