Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
SuperRugby
Stormers verras met Lobberts vir oefenstryde

Die Stormers se Wêreldbeker-Springbokke word vir eers nog in watte toegedraai, maar ’n oud-Bok maak wel Saterdag ’n verrassende terugkeer vir dié Kaapse Superrugby-span.

Die Stormers het Donderdag ’n groep van 28 spelers aangekondig, wat op Floridapark in Ravensmead in vier miniwedstryde van 20 minute elk teen die Maties, Ikeys, die Kaapse Skiereiland-Universiteit vir Tegnologie en ’n Westelike Provinsie-vyftiental gaan speel en die naam wat dadelik opval, is dié van Hilton Lobberts.

Hilton Lobberts, wat die laaste paar seisoene vir die Pumas gespeel het, kry Saterdag in ’n Stormers-trui kans om te wys wat nog in hom steek.Foto: Gallo Images

Dié veelsydige voorspeler, wat flank of slot kan speel, het in 2016 laas Superrugby gespeel vir die Cheetahs en was die laaste paar seisoene by die Pumas, waar hy meestal die plaasvervangersbank warm gehou het.

Die 33-jarige Lobberts is oorspronklik van die Paarl en is glo terug in die Kaap om klubrugby te speel.

Hy het in 2009 in vyf wedstryde vir die Stormers gespeel en kry nou ’n kans om aan John Dobson, dié span se hoofafrigter, te wys dat hy nog goed genoeg is om op ’n hoë vlak te speel.

Lobberts het in 2006 as plaasvervanger sy toetsdebuut teen Engeland gemaak en het die volgende jaar sy tweede en laaste toets, ook as plaasvervanger, teen die All Blacks gespeel.

Hy het sedert sy senior buiging in 2005 ook al vir die Bulle, Boland, die Vrystaat en Griekwas uitgedraf.

Leolin Zas het die afgelope twee seisoene min speelkans by die Haaie gekry en is nou weer terug in die Kaap.Foto: Gallo Images

’n Ander speler wat Dobson Saterdag fyn sal dophou, is die losskakel Jean-Luc du Plessis, wat strykdeur sy loopbaan al deur beserings geteister word.

Hy het herstel van ’n heupbesering wat hom verlede jaar lank buite aksie gehou het. In 2018 het sy ander heup hom ook lank opgekeil.

Gegewe dat die Stormers nie meer oor Josh Stander se dienste beskik nie, het dié span nie baie opsies op losskakel nie en is dit belangrik dat Du Plessis fiks en gesond bly.

Die Bok Damian Willemse is natuurlik ook ’n sterk kandidaat vir die Stormers se nr.10-trui, maar Dobson kan ook besluit om hom eerder op heelagter te gebruik.

’n Ander speler wat van ’n langtermynbesering herstel het, is die loskopstut Ali Vermaak. Hy sal dalk vanjaar Steven Kitshoff se adjudant wees, maar sal ook die nr.1-trui dra wanneer spelers geroteer word.

Die vleuel Leolin Zas, wat terug is ná twee teleurstellende seisoene by die Haaie, kry ook Saterdag kans om ’n regmerkie langs sy naam te kry.

Toe hy uit die Kaap weg is, het sy ster geskitter, maar sy loopbaan in Durban het sedertdien ’n afwaartse trajek getoon. Hy sal dit in die Kaap nuwe lewe wil gee.

Die Stormers se eerste miniwedstryd begin om 13:30.

Die Stormers-groep vir die Ravensmead-wedstryde is: Kwenzo Blose, Deon Carstens, Ben-Jason Dixon, Lucky Dlepu, Jean-Luc du Plessis, Schalk Erasmus, Brendon Esterhuizen, Neethling Fouche, Hannes Gous, Michal Haznar, Lyle Hendricks, Thys Kitshoff, David Kriel, Hilton Lobberts, Leon Lyons, Godlen Masimla, David Meihuizen, Matt Moore, Juan Mostert, Sihle Njezula, Sazi Sandi, Cornel Smit, Chad Solomon, Abner van Reenen, Ernst van Rhyn, Chris van Zyl, Ali Vermaak, Nama Xaba, Leolin Zas.

Meer oor:  John Dobson  |  Stormers  |  Superrugby-Reeks  |  Opwarmwedstryd
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.