Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
SuperRugby
Stormers-wendrie ‘baie spesiaal’

“Ek is net té dankbaar dat myne die laaste paar hande was wat die bal kon hanteer voordat die wendrie gedruk is.”

Dit is hoe die Stormers-senter, Ruhan Nel, daardie drie van hom Saterdag op Ellispark beskryf het, wat die Leeus-harte gebreek het en Stormers-ondersteuners laat gil het: “Jou lekka ding.”

Die Stormers se Ruhan Nel (regs). Foto: Gallo Images

Vir Nel was dit omtrent ’n geval van die hand byt wat jou eertyds gevoer het.

“Ja, ek het my rugby hier by die Leeus begin en vir hulle onder 21-span gespeel en ook my eerste Curriebeker-wedstryd vir hulle gespeel,” glimlag dié oudleerling aan die Hoërskool Brandwag in Benoni, wat ook al die sewes-Bok-trui gedra het.

“Om dus hier op Ellispark ’n wendrie teen die Leeus te kon druk, is vir my baie spesiaal,” het hy geblom nadat die Stormers hul Superrugbywedstryd met 33-30 gewen het.

“Toe ons daardie laaste skrum kry, het Sergeal (Petersen) na my toe gekom en gesê ons moet bly glo ons kan nog hierdie wedstryd wen. Ons sou net nog daardie een kans gekry het,” vertel Nel.

Die bal is wyd gespeel en Petersen het die bal ingehardloop, wat met ’n trajek op pad grondwaarts toe was, om dit te vang en met ’n binne-aangee aan Nel te besorg, om oor te gaan vir daardie wendrie.

“Sergeal is ongelooflik. Hy is een van die min ouens wat daardie soort aangee sal kan vang.

Dit was nie ’n mooi wedstryd nie, maar ons is net té bly ons kon wen. Ons verdedig goed, maar op die aanval sukkel ons.
Ruhan Nel

“Ons het snaaks genoeg vanoggend (Saterdagoggend) gekyk hoe die Highlanders in die 84ste minuut die wenpunte teen die Brumbies aanteken en hier doen ons dit ook. Wys jou, ’n wedstryd is nooit verby voordat daardie eindfluitjie geblaas het nie en daarom moet jy nooit opgee nie,” sê Nel.

Hy sê dit was een van daardie kragmetings waar die Stormers vandat hulle opgedraf het maar aan die flou kant was en nie regtig gespeel het soos hulle kan nie.

“Ons het nie genoeg respek vir die bal getoon nie en ons besit nie goed genoeg beskerm nie.

“Dit was nie ’n mooi wedstryd nie, maar ons is net té bly ons kon wen. Ons verdedig goed, maar op die aanval sukkel ons. Ons moet beter konsentreer op die aanval. Die Leeus het hul tempo verhoog in die laaste 20 minute en dinge vir ons baie moeilik gemaak,” sê Nel.

Superrugby-bepalings

Superrugby-puntelyste

Superrugby-uitslae

Meer oor:  Ellispark  |  Superrugby  |  Ruhan Nel  |  Stormers  |  Leeus
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.