Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
SuperRugby
Stormers wou Fleck beter groet

’n Mens kon nie help om vir Robbie Fleck, afrigter van die Stormers, jammer te voel ná Lukhanyo Am se wendrie vir die Haaie op Nuweland Saterdag nie.

Maar uiteindelik het dit die Kapenaars van ’n vernedering gespaar.

Teen die planke . . . Dillyn Leyds (links) en Damian de Allende ná die eindfluitjie Saterdag op Nuweland. Foto: Gallo Images

Het die Stormers aan hul karige voorsprong vasgeklou, sou hulle sonder Cobus Wiese, Jaco Coetzee en Dillyn Leyds vir die Superrugby-reeks se kwarteindronde moes aantree.

Dat die Stormers dit nie gemaak het nie, spaar ook vir Rassie Erasmus, die Bok-afrigter, die vooruitsig dat sy spelers van nasionale belang verder aan die risiko van beserings blootgestel word.

Dit was nietemin ’n wrede einde vir Fleck ná vier jaar in die tuig as die Stormers se afrigter. Hy gaan nou vir John Dobson, wat bevestig is as die Stormers se afrigter vir aanstaande jaar, met die brei van die Westelike Provinsie se Curriebeker-span help voordat sy kontrak later vanjaar verstryk.

Steven Kitshoff, die Stormers se kaptein in Siya Kolisi se afwesigheid, het ná Saterdag se nederlaag hulde aan sy breier gebring.

“Dit was ’n eer om saam met Fleckie te werk. Hy was deur my hele loopbaan by die Stormers betrokke. Dis regtig teleurstellend om hom nie ’n kans te gee om die Superreeks te wen nie,” sê Kitshoff.

“Om in die laaste sekondes van die wedstryd te verloor, is baie teleurstellend. Dis nie lekker om Fleckie in die steek te laat nie. Hy verdien baie krediet vir al die werk wat hy ingesit het. As ’n span is ons baie trots op hom.”

Fleck sê hy sal nou op enige manier moontlik vir Dobson ondersteun.

“My kontrak eindig op 31 Oktober. Ek sal daarna ’n bietjie asem skep – dalk Bali toe vir ’n bietjie branderplankry!” sê hy.

“Ons eerste taak is nou om te kyk hoe erg die beserings is en dan ons planne in werking te stel vir die CB-reeks.”

voordat vanjaar se toernooi begin het, het Protea-
Robbie Fleck en Steven Kitshoff na die Stormers se nederlaag teen die Haaie. Foto: Gallo Images

Fleck meen die toekoms vir die Stormers is blink.

“As ons 90% van die groep vir aanstaande seisoen behou, glo ek die Stormers gaan baie sterk wees,” sê hy.

“Vanjaar het ons ’n paar keer net-net verloor en daar was een of twee wedstryde waar ons nie goed was nie. Die span het egter meestal geweldig baie ingesit en elke week met ’n positiewe ingesteldheid gespeel. Ek dink hulle sal vorentoe goed vaar.”

Fleck meen die kritieke oomblik van Saterdag se nederlaag van 9-12 teen die Haaie was die langafstand-drie wat Rhyno Smith in die eerste helfte afgerond het. Die Stormers was op die aanval, maar ’n swak aangee deur Josh Stander het besit omgekeer en die Kapenaars was sekondes later agter hul pale.

Die Stormers was met 3-0 voor voordat Smith afgerond het.

“Ons moes net deur ’n paar fases meer gegaan het en dan sou dit 10-0 gewees het,” sê hy.

Fleck gee die Haaie ook krediet vir hul wendrie.

“Die Haaie verdien baie krediet dat hulle aan die bal kon vasklou. Dit was ’n puik stuk spel waarmee hulle die wedstryd beklink het.”

Meer oor:  Robbie Fleck  |  Stormers  |  Steven Kitshoff
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.