Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
SuperRugby
Strauss gaan Matfield-rekord ewenaar

Die voormalige Springbok-kaptein Adriaan Strauss sal hom Vrydag in Nieu-Seeland by Victor Matfield aansluit as Suid-Afrika se mees ervare speler in Superrugby.

Die 32-jarige haker, een van die onbesonge grotes in Suid-Afrikaanse rugby, sal in Christchurch in sy 148ste wedstryd in dié kompetisie speel as hy as ’n plaasvervanger ontplooi word.

Adriaan Strauss vroeër die seisoen in aksie teen die Leeus op Loftus Versfeld. Foto: Gallo Images

Strauss is in sy 13de jaar van Superrugby nadat hy in 2006 sy debuut vir die Bulle gemaak het.

Ná ’n draai in Bloemfontein, waar hy in 97 wedstryde vir die Cheetahs diens gedoen het, is hy nou by die Bulle in die skemertyd van sy loopbaan.

Hy kan binnekort die eerste Suid-Afrikaner word wat by die 150-kerf in dié reeks uitkom.

“Dit is net lekker dat ek nog kan speel. Ek leer nog baie met rugby wat eintlik elke seisoen verander en nuwe eise aan jou stel.”

Strauss het verlede seisoen die Bulle gelei, maar word sover – met Jaco Visagie wat bo hom verkies word deur John Mitchell – as ’n impakspeler ingespan.

“Dit is ’n nuwe rol, maar daar het nie eintlik vir my veel verander nie.

“Dit is lekker om te sien hoe die ouens speel en hoe ons as ’n span groei. Ek is bevoorreg om nog daarin te kan deel.

Ek is net dankbaar vir ’n wonderlike loopbaan.
Adriaan Strauss

“Ons het ’n goeie kaptein in Burger (Odendaal) en ander leiers soos Pollie (Handré Pollard) en Lood (de Jager). Ek probeer om hulle te ondersteun.”

Strauss sê daar was “baie hoogtepunte en taai oomblikke” op sy Superrugby-pad.

“Ek is net dankbaar vir ’n wonderlike loopbaan. Ek het die week gedink hoe dankbaar ek moet wees vir al die spelers en afrigters wat oor my pad gekom het.

“In my eerste Superrugby-seisoen het ek byvoorbeeld saam met Gary (Botha) gespeel en nou is hy een van ons afrigters.

“Om terug te kyk na al die groot spelers saam met en teen wie ek gespeel het, is ongelooflik. Veral in Superrugby, wat na my mening die beste kompetisie in wêreldrugby is.”

Jesse Kriel vier ook ’n mylpaal teen die Crusaders. Die 24-jarige Bok speel in sy 50ste wedstryd in die reeks.

Superrugby-bepalings

Superrugby-puntelyste

Superrugby-uitslae

Meer oor:  Adriaan Strauss  |  Victor Matfield  |  Bulle  |  Superrugby
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.