Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
SuperRugby
Stryd van losskakels in Sydney

Daar kan Vrydag in Sydney ’n lekker tweestryd tussen twee van die beste losskakels in Australië wees wanneer die Rebels en die Reds mekaar die stryd aansê.

Gevaarman: Die Rebels se losskakel Matt To’omua kan enige span deurmekaar hardloop wanneer hy op dreef is. Foto: Getty Images

Matt To’omua van die Reds en James O’Connor sal albei sleutelspelers wees in die tweede week van die Australiese Super-reeks.

Dié kragmeting is veronderstel om ’n tuiswedstryd vir die Rebels te wees, maar die inperkings in Melbourne weens ’n styging in nuwe koronavirusgevalle, het meegebring dat die Rebels Nieu-Suid-Wallis as hul basis moet gebruik.

“Hulle (Rebels) is ’n baie goeie span op die verdediging en het goeie lynspoed. Hulle het ’n slim nr. 10 in To’omua en hulle het ook ’n sterk skrum,” het Brad Thorne, die Reds se afrigter, vandeesweek gesê.

Alles wat Thorne oor die Rebels gesê het, geld ook sy span, behalwe dat hy vir O’Connor het en nie vir To’omua nie.

O’Connor is beslis nie so rats soos To’omua nie, maar hy is ’n uitgeslape en invloedryke speler, wat die beste uit die manne langs hom kan haal.

Wat die vaste skrum aanbetref, hoef die Reds vir geen ander span in Australië terug te staan nie.

Dis eintlik heerlik om te sien hoe die Reds se jong agttal indons. En daardie agtsteman van hulle – Harry Wilson – gaan nog ’n grote word!

Uitgeslape jakkals: James O’Connor gee die Reds deesdae rigting op losskakel. Foto: Getty Images

Die Reds sal hoop om maar net vir die eerste keer sedert 2015 twee agtereenvolgende seges oor ’n Australiese span te behaal.

Verlede week was hulle met 32-26 teen die Waratahs baas, terwyl die Rebels met 23-31 teen die Brumbies verloor het.

Daardie nederlaag was net ’n glipsie, sê Dave Wessels, die Rebels se afrigter.

“Ons weet ons kan teen enige span in hierdie reeks wen, maar ons moet beter speel,” sê hy.

“Ons moet met meer intensiteit en toewyding speel. Ons kan hierdie reeks wen.”

Wessels het net een verandering aan sy beginspan aangebring. Campbell Magna, wat van die geheimsinnige migraines wat hom vroeër vanjaar geteister het herstel het, vervang Reece Hodge op buitesenter.

“Campbell bring vir ons iets anders in terme van grootte en ’n fisieke teenwoordigheid en Hodgey sal wel heelwat speeltyd teen die einde van die wedstryd kry,” sê Wessels.

Die Reds begin met dieselfde vyftiental wat verlede week teen die Waratahs op die veld gedraf het.

Spanne

Rebels: Dane Haylett-Petty (k), Andrew Kellaway, Campbell Magnay, Billy Meakes, Marika Koroibete, Matt Toomua, Ryan Louwrens, Michael Wells, Richard Hardwick, Josh Kemeny, Michael Stolberg, Matt Philip, Pone Fa’amausili, Matt Gibbon. PLAASVERVANGERS: Efitusi Ma’afu, Cameron Orr, Jermaine Ainsley, Trevor Hosea, Esei Haangana, Frank Lomani, Rob Leota, Reece Hodge.

Reds: Bryce Hegarty, Jock Campbell, Hunter Paisami, Hamish Stewart, Filipo Daugunu, James O’Connor, Tate McDermott, Harry Wilson, Fraser McReight, Liam Wright (k), Lukhan Salakaia-Loto, Angus Blyth, Taniela Tupou, Brandon Paenga-Amosa, Harry Hoopert. PLAASVERVANGERS: Alex Mafi, JP Smith, Josh Nasser, Tuaina Taii Tualima, Angus Scott-Young, Scott Malolua, Chris Feauai-Sautia, Josh Flook.

Afskop: 11:00 (SS 1 en GDN).


Die Waratahs en die Western Force pak mekaar Saterdag in nog ’n wedstryd in die reeks in Sydney. – Sportredaksie, Fox Sports, rugby.com.au

Meer oor:  Rebels  |  Reds  |  Au-Reeks  |  Australiese Super-Reeks  |  Rugby
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.