Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
SuperRugby
Strydros Morné dra nr. 10-trui teen Haaie
Die veteraan Morné Steyn begin Vrydagaand vir die Bulle in die Haaitenk. Foto: Gallo Images

Die 35-jarige Morné Steyn sal Vrydagaand in Durban die Bulle se nr. 10-trui dra wanneer hulle teen die Haaie in die Superreeks te staan kom.

Pote Human, die Bulle-breier, het Steyn en Ivan van Zyl as skakelpaar gekies, met Manie Libbok en Embrose Papier hul adjudante op die plaasvervangersbank.

Die Springbok-stut Trevor Nyakane, wat van ’n kuitbesering herstel het, is ook op die bank gekies, terwyl Lizo Gqoboka in die beginspan is.

Met Marco van Staden nie beskikbaar nie, maak die oud-Puma Jeandré Rudolph sy Superrugby-buiging vir die Bulle.

Hy, Abongile Nonkontwana en ’n voormalige kaptein van die Leeus, Josh Strauss, vorm die lostrio.

Human het besluit om nie met Cornal Hendricks op buitesenter te waag nie. Johnny Kotze sal die kaptein, Burger Odendaal, se sentermaat wees.

Bulle: Warrick Gelant, Cornal Hendricks, Johnny Kotze, Burger Odendaal (k), Rosko Specman, Morné Steyn, Ivan van Zyl, Josh Strauss, Abongile Nonkontwana, Jeandré Rudolph, Juandré Kruger, Andries Ferreira, Wiehahn Herbst, Jaco Visagie, Lizo Gqoboka. PLAASVERVANGERS: Johan Grobbelaar, Simphiwe Matanzima, Trevor Nyakane, Ruan Nortjé, Ryno Pieterse, Wian Vosloo, Embrose Papier, Manie Libbok.


Meer oor:  Morné Steyn  |  Pote Human  |  Haaie  |  Bulle  |  Superrugby
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.