Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
SuperRugby
Sunwolves se tande finaal getrek
Garth April bars vroeër vanjaar weg met die bal tydens ’n Superrugbywedstryd. Foto: Getty Images

Die Sunwolves het die einde van die pad bereik en sal nie vanjaar saam met die vier Australiese Superrugby-spanne en die Western Force in ’n plaaslike reeks in aksie wees nie.

Weens die Covid-19-pandemie is die Superreeks vroeër vanjaar uitgestel, maar daar was onderhandelings agter die skerms aan die gang om die Japannese span by die Aussie-reeks in te sluit. Vir die Sunwolves sou dit die geleentheid wees om vir oulaas tande te wys, aangesien dit in elk geval hul laaste seisoen in die Superreeks is.

The Japan Times berig dat die besluit deels geneem is weens die logistieke nagmerrie om weens Covid-19 tussen lande te reis.

Selfs al sou die Sunwolves na Australië kon reis, sou hulle vir 14 dae in kwarantyn moes wees met hul aankoms en ’n permanente basis moes kry vir die kompetisie wat na verwagting oor 12 weke gaan strek.

Die beoogde Aussie-reeks sal na verwagting vroeg in Julie begin.

Yuji Watase, uitvoerende hoof van die Sunwolves, sê in ’n verklaring op die span se webtuiste dit is nie die uitkoms waarop daar gehoop is nie.

“Dit is verskriklik teleurstellend, maar die realiteit is dat die Sunwolves se tyd in Superrugby tot ’n einde gekom het. Dit was vir ons ’n eer en voorreg om deel te wees van die taaiste rugbykompetisie in die wêreld.

“Ons wil graag al ons wonderlike ondersteuners, borge, vennote, spelers en personeel bedank vir alles wat hulle vir rugby in Japan en die Sunwolves gedoen het,” sê Watase.

Heelwat Suid-Afrikaners was deel van die Sunwolves se spelerskorps die afgelope seisoen. Rudy Paige, JJ Engelbrecht en Garth April is die bekendste, met eersgenoemde twee wat albei voormalige Springbokke is. – Sportredaksie

Meer oor:  Sunwolves  |  Superrugby  |  Japan  |  Australië  |  Rugby
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.