Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
SuperRugby
Sunwolves skok so byna Hurricanes

Die Hurricanes moes Vrydag lank spook om die Sunwolves in hul Superrugby-wedstryd in Tokio te tem.

TJ Perenara, skrumskakel en kaptein van die Hurricanes, draf deur vir een van sy span se drieë teen die Sunwolves. Foto: Getty Images

Die Nieu-Seelandse span was eindelik met 29-23 baas nadat hy met die rustyd nog met 10-23 agter was.

Die Hurricanes se regtervleuel, Wes Goosen, ’n Suid-Afrikaner van geboorte, het die besoekers se wendrie 11 minute voor die einde gedruk.

Dit was ook die eerste keer dat die Hurricanes, wie se dissiplinne vrot was, in die wedstryd voorgeloop het.

In die eerste helfte het dit nooit gelyk of die Hurricanes die knoop sou deurhak nie.

Semisi Masirewa op pad doellyn toe teen die Hurricanes. Regs is die haker Ricky Riccitelli, nog ’n Suid-Afrikaner van geboorte wat vir die span van Wellington speel. Foto: Getty Images

Die tuisspan het goeie rugby gespeel en sy sterk linkervleuel, Semisi Masirewa, het sommer twee keer agter die doellyn gekuier.

Die Sunwolves het egter lelik uitgesak in die tweede helfte.

Puntemakers:

Hurricanes 29 (10): Drieë: TJ Perenara, Ben Lam, Chase Tiatia, Wes Goosen. Doelskoppe: Fletcher Smith (3). Strafdoel: Smith (1).

Sunwolves 23 (23): Drieë: Semisi Masirewa (2). Doelskoppe: Hayden Parker (2). Strafdoele: Parker (3).

Superrugby-bepalings

Superrugby-puntelyste

Superrugby-uitslae

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.