Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
SuperRugby
Sunwolves wil super-nalatenskap los

Sou die Sunwolves die kans kry om saam met Australië se vier Superrugby-spanne en die Western Force in ’n toernooi te speel sal dit ’n geleentheid wees om ’n nalatenskap te los in hul laaste jaar van deelname op dié vlak.

Garth April duik vroeër vanjaar vir die Sunwolves teen die Rebels in Japan oor die doellyn. Foto: Getty Images

Rugby Australië (RA) beplan om in die voetspore van Nieu-Seeland te volg en in Julie ’n plaaslike kompetisie van stapel te stuur, wat as plaasvervanger vir die opgeskorte Superrugby-reeks sal dien.

Weens die internasionale reisbeperkings wat weens die Covid-19-pandemie geld, lyk die kanse skraal dat die Superreeks vanjaar weer sal hervat – vandaar die plan om plaaslike kompetisies aan te bied.

Nog voordat die pandemie uitgebreek het, het die Sunwolves egter al geweet dat vanjaar hul laaste jaar in die kompetisie is en Joedji Watase, die span se uitvoerende hoof, sê hy is daarvoor te vinde dat sy span in Australië vir die duur van die beoogde reeks kamp opslaan.

“Ja, ons is in gesprek met Rugby Australië oor die hervatting van die kompetisie en oor ons moontlike deelname. Dit is ons laaste seisoen en ons sal beslis ’n nalatenskap los,” het Watase volgens Reuters gesê.

Hy glo egter nie hul betrokkenheid in die Aussie-reeks sal weer tot hul herinsluiting in die volwaardige Superreeks lei nie.

RA hoop dat die beplande reeks op 4 Julie kan begin en dan oor 12 weke beslis sal word – wat ’n halfeind en eindstryd insluit, berig rugby.com.au.

’n Hele rits Suid-Afrikaners is op die Sunwolves se boeke, waarvan die bekendste die oud-Bokke JJ Engelbrecht en Rudy Paige is, asook Garth April, wat tevore vir die SA A-span gespeel het. Die ander is Conraad van Vuuren, Hencus van Wyk en Justin Downey.

Die Nieu-Seelandse Rugbyunie het Maandag aangekondig dat ’n reeks tussen die land se vyf Superspanne, genaamd Aotearoa, op 13 Junie sal begin. – Sportredaksie

Meer oor:  Sunwolves  |  Rugby Australië  |  Superrugby
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.