Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
SuperRugby
Super-breiers se raad aan Sanzaar

’n Paar Superrugbyafrigters het verskeie alternatiewe en oplossings gebied nadat die reeks ná afloop van die naweek se aksie vir eers gestaak is.

Scott Robertson, afrigter van die Crusaders. Foto: Getty Images

Sanzaar, die beheerliggaam vir rugby in die suidelike halfrond, het die toernooi Saterdag vir ’n onbepaalde tydperk opgeskort. Dié besluit is geneem in die nadraai van die Nieu-Seelandse regering se aankondiging om weens die Covid-19-virus strenger beheer op sy grense toe te pas.

Volgens Andy Marinos, uitvoerende hoof van Sanzaar, sal die Superreeks afgelas word indien dit nie binne die volgende vyf weke voortgaan nie.

“Ons is uiters teleurgesteld vir die spelers, ons ondersteuners, uitsaaiers en vennote, maar gegewe die kompleksheid van die toernooi-struktuur, en die geografiese gebiede wat ons dek, het ons geen ander keuse nie,” sê Marinos.

Stuff berig Scott Robertson, afrigter van die verdedigende kampioen, die Crusaders, het Sanzaar gemaan om “kreatief” te wees in sy poging om alternatiewe te vind.

“Wat ook al die geleenthede is, die leiers van Sanzaar moet goed besin oor wat die regte besluit is vir die uitsaaiers, borge en aanhangers,” sê hy.

“Wees kreatief. Speel die Nieu-Seelandse derbies oor die volgende paar maande en speel dan teen die voorloper in die ander konferensies.

“Of as die grense oor ’n maand of wat weer oopgaan, organiseer dan ’n korter weergawe van die toernooi.” – Sportredaksie

Superrugby-bepalings

Superrugby-puntelyste

Superrugby-uitslae

Meer oor:  Koronavirus  |  Superrugby  |  Scott Robertson  |  Covid-19
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.