Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
SuperRugby
Superrugby-stryde in Japan dalk in gedrang
Garth April, die Sunwolves se Suid-Afrikaanse losskakel, vroeër vandeesmaand in Tokio teen die Chiefs in aksie. Foto: Getty Images

Die Sunwolves se Superrugby-wedstryde in Japan kan weens die Covid-19-virus in gedrang kom.

Dít volg ná ’n paar van vandeesweek se sokkerwedstryde in dié land gekanselleer is. Sewe van Woensdag se wedstryde om die Levain-beker is afgelas en daar is ’n moontlikheid dat alle sokkerwedstryde in die eerste gedeelte van Maart uitgestel kan word.

Sanzaar, beheerliggaam van Superrugby, sal die situasie volgens smh.com.au fyn dophou. Sanzaar sê daar is vir eers nie enige planne om wedstryde af te stel nie.

Die beheerliggaam is nietemin bewus van gebeure en sal hom intussen berus by die advies wat hy van betrokke owerhede ontvang.

Die Sunwolves bevind hulle saam met vier Australiese spanne in ’n Superrugby-groep. Hul volgende tuiswedstryd is op 9 Maart teen die Brumbies in Osaka. Die Reds en Waratahs se wedstryde in April en Mei is in Tokio.

Daar was Dinsdag ’n vergadering met die Brumbies oor dié kwessie, terwyl dit ook op die agenda vir Maart se Sanzaar-raadsvergadering sal wees. – Sportredaksie

Meer oor:  Garth April  |  Japan  |  Covid-19  |  Rugby  |  Virus  |  Sunwolves  |  Corona  |  Superrugby
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.