Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
SuperRugby
‘Nee, Steve, Leeus word nie voorgetrek’
Swys de Bruin sê hy wil nie tot op Steve Hansen se vlak daal nie. Foto: Gallo Images

Die Leeus het hulle aan die begin van die Superrugby-seisoen dit ten doel gestel om die span met die beste dissiplinêre rekord in dié reeks te wees.

Juis daarom wil hul hoofafrigter, Swys de Bruin, nie in ’n bekgeveg met die All Black-afrigter, Steve Hansen, betrokke oor skeidsregters nie.

Hansen het vandeesweek by ’n All Black-oefenkamp in Auckland sy verbasing uitgespreek oor die feit dat die Leeus in hul laaste drie kragmetings op Ellispark net ses keer gestraf is, terwyl hul oorsese teenstanders saam 43 strafskoppe afgestaan het.

Steve Hansen, die All Black-afrigter, sê dis ondenkbaar dat ’n span slegs ses strafskoppe in drie wedstryde kan afstaan.Foto: Getty Images

Volgens hom ken hy nie ’n span wat net ses strafskoppe in drie wedstryde afstaan nie.

Hiermee het hy vinger gewys na die Suid-Afrikaners Egon Seconds (twee keer) en Rasta Rasivhenge, wat die skeidsregters in dié kragmetings was.

“Dit gebeur nie net sommer dat ons goeie dissipline op die veld het en min strafskoppe afstaan nie. Dit is iets waarvoor ons baie hard gewerk het. Ons maak seker elke speler is goed vertroud met die reëls en daarom bring ons skeidsregters oefeninge toe om met die spelers te werk en toe te sien hulle weet wat elke reël is,” het De Bruin Woensdag gesê in reaksie op Hansen se uitsprake.

“Toe ons ons voorseisoense beplanning gedoen het, het ons groot klem daarop gelê dat ons die seisoen baie gedissiplineerd gaan wees. As jy gereeld aan die wenkant wil eindig, moet jy sorg jy staan nie onnodige strafskoppe af nie.

“Daarom is dit (die lae strafskop-telling teen die Leeus) allesbehalwe toevallig. Daar is niks onvanpas daaraan verbonde nie. Dit is die resultaat van ons harde werk in daardie verband,” het De Bruin gesê.

Ek het dus absoluut niks te sê oor wat Hansen kwytraak en waarop hy sinspeel nie. Met sulke opmerkings daal hy tot ’n vlak waarop ek nie naastenby wil wees nie.
Swys de Bruin

“Ek het dus absoluut niks te sê oor wat Hansen kwytraak en waarop hy sinspeel nie. Met sulke opmerkings daal hy tot ’n vlak waarop ek nie naastenby wil wees nie,” sê die Leeus se hoofafrigter.

De Bruin onthul ook dat hy ná die Leeus se kragmeting in Kaapstad, waar ’n verkeerde beslissing deur die skeidsregter, wat toe ook Seconds was, die Leeus die wedstryd gekos het. Hy het na hom gegaan, sy hand geskud en vir hom gesê het hy is beslis ’n blaser vir die toekoms wat nog groot hoogtes gaan bereik.

“Ek besef maar al te goed dat elke skeidsregter net ’n mens is en wel foute sal maak. Daarom het ek nie daardie fout van hom daardie dag teen hom gehou nie,” sê De Bruin.

“Ek kan eerlik sê dat Suid-Afrika baie goeie skeidsregters het en wedstryde uitstekend beheer,” sê De Bruin.

Meer oor:  Steve Hansen  |  Swys De Bruin  |  Johannesburg  |  Skeidsregters  |  Leeus  |  Superrugby  |  All Blacks  |  Rugby
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.