Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
SuperRugby
’Tahs kies tiener op stut vir Super-stryd
Angus Bell van die Waratahs vat Brett Cameron van die Crusaders ’n paar weke gelede vas. Bell was toe ’n plaasvervanger. Foto: Getty Images

Die 19-jarige loskopstut Angus Bell sal Vrydag die eerste keer in die Waratahs se opdrafspan wees in hul Super-wedstryd teen die Rebels.

Bell se insluiting is een van ses veranderinge wat die span se hoofafrigter, Rob Penney, aan die Waratahs se beginspan vir dié kragmeting gemaak het.

Angus Bell is een van Australiese rugby se opkomende sterre. Foto: Getty Images

Alex Newsome skuif van vleuel na buitesenter waar hy Lalakai Foketi vervang en Jed Holloway keer terug in die plek van Lachie Swinton op flank.

Met Newsome op senter kry Jack Maddocks kans op vleuel.

Die Waratahs sal met twee nuwe vleuels opdraf met Cameron Clark wat vir Mark Nawaqanitawase, wat nog ’n ’n paar kneusplekke het, vervang.

Volgens Penney het hy geen ander keuse as om meer spelers – soos Bell – speelkans te gee om sy groep te ontwikkel nie.

Bell, wat twee jaar gelede vir die Australiese skolespan en verlede jaar vir die Australiese o.18-span uitgeblink het, vervang die Wallaby Tom Robertson.

Die jong stut se pa is Mark Bell, ’n voormalige Wallaby en tans die Waratahs se skrum-afrigter. – Sportredaksie

Waratahs: Kurtley Beale, Cameron Clark, Alex Newsome, Karmichael Hunt, Jack Maddocks, Will Harrison, Jake Gordon, Jack Dempsey, Michael Hooper, Jed Holloway, Rob Simmons (k), Tom Staniforth, Harry Johnson-Holmes, Robbie Abel, Angus Bell. PLAASVERVANGERS: Damien Fitzpatrick, Tom Robertson, Tetera Faulkner, Ryan McCauley, Lachlan Swinton, Mitch Short, Lalakai Foketi, Mark Nawaqanitawase.


Superrugby-bepalings

Superrugby-puntelyste

Superrugby-uitslae

Meer oor:  Rebels  |  Superrugby  |  Waratahs
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.