Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
SuperRugby
Tahs verleng Gibson se kontrak

Die Nieu-Seelander Daryl Gibson gaan die Waratahs tot minstens aan die einde van 2020 in die Superrugby-reeks brei.

Daryl Gibson, afrigter van die Waratahs. Foto: Getty Images

Gibson (43), wat die All Blacks in 19 toetse tussen 1999 en 2002 verteenwoordig het, rig die Tahs sedert 2016 af.

Onder sy breierskap het dié span die Australiese konferensie van die Superrugby-reeks in 2018 gewen en tot die halfeindronde gevorder waar hy teen die Leeus vasgeval het.

Andrew Hore, uitvoerende hoof van die Waratahs, sê in ’n verklaring hy is oortuig daarvan dat Gibson besig is om ’n stewige platform te bou om sukses in die toekoms te verseker.

“Daryl se fokus was om strukture en stelsels in plek te sit, nie net om jong talent te identifiseer nie, maar ook om te belê in ons afrigters en ondersteuningspersoneel.”

Gibson, wat in 2013 deel van Michael Cheika se afrigtingspan by die Waratahs geword het, voordat hy die leisels in 2016 oorgeneem het, sê dit is ’n “ware voorreg” om nog ’n jaar by die Tahs betrokke te wees.

“Ek was openlik oor my ambisie om die volgende generasie spelers deur ons stelsels te bring en om stelsels te hê om die beste spelers in die spel te hou,” sê Gibson.

Die Waratahs, wat in 2014 die Superrugby-titel verower het, begin hul aanslag op vanjaar se kroon Saterdag teen die Hurricanes in Brookvale. – Reuters

Superrugby-bepalings

Meer oor:  Daryl Gibson  |  Superrugby  |  Waratahs  |  Rugby
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.