Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
SuperRugby
Terugslag vir Crusaders en All Blacks

Die Crusaders se binnesenter Ryan Crotty en slot Scott Barrett gaan weens beserings Saterdag se Superrugbyeindstryd teen die Jaguares misloop en waarskynlik nie aan die Rugbykampioenskap deelneem nie.

Scott Barrett links en Ryan Crotty oefen in November 2018 saam met die All Blacks. Foto: Getty Images

Crotty het verlede naweek sy duim gebreek in sy span se halfeindsege met 30-26 teen die Hurricanes en het ’n operasie ondergaan. Hy sal vir tot agt weke buite aksie wees.

Barrett het in dieselfde kragmeting sy wysvinger gebreek en sal vir tot ses weke nie beskikbaar wees nie.

Albei behoort egter Dinsdag in die All Black-groep ingesluit te word, al sal hul waarskynlik nie in die verkorte Rugbykampioenskap, wat op 20 Julie afskop, speel nie.

Die duo se afwesigheid kan Nieu-Seeland se afrigter, Steve Hansen, noop om sy verwagte groep van 41 spelers, uit te brei.

Die Blues se Patrick Tuipulotu en Jackson Hemopo van die Highlanders kan Barrett se skoene volstaan. Hy mag dalk betyds herstel vir die Bledisloebeker-toets teen die Wallabies op 17 Augustus.

Crotty word vroeg in September terugverwag, meer as drie weke voor die All Blacks se openingswedstryd in die Wêreldbekertoernooi teen Suid-Afrika op 21 September.

– Reuters

Meer oor:  Ryan Crotty  |  Toetsrugby  |  Crusaders  |  Rugbykampioenskap  |  Superrugby  |  All Blacks  |  Scott Barrett
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.