Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
SuperRugby
Toeskouers beseer by Aotearoa-stryd

Die Highlanders het ’n ondersoek gelas nadat verskeie ondersteuners Vrydag beseer is toe hulle van ’n tydelike paviljoen afgeval het gedurende die Superrugby Aotearoa-wedstryd tussen die tuisspan en die Blues in die Forsyth Barr-stadion in Dunedin.

Jona Nareki op pad om ’n drie teen die Blues te druk. Kort nadat Nareki sy drie gedruk het, het ’n paar toeskouers in die Forsyth Barr-stadion van ’n tydelike paviljoen afgeval. Foto: Getty Images

’n Video wat aanlyn gelaai is, wys hoe die toeskouers omtrent ’n meter ver van die tydelike paviljoen val nadat die voorste reling gebreek het.

Die voorval het plaasgevind terwyl die toeskouers besig was om te juig net nadat die Highlander-vleuel Jona Nareki in die tweede helfte ’n drie gedruk het.

Drie mense is volgens Nieu-Seelandse mediaberigte ná die voorval in die Dunedin-hospitaal vir ligte beserings behandel.

Roger Clark, die Highlanders se uitvoerende hoof, sê die voorval word ondersoek.

Dunedin Venues Management Ltd (DVML), die stadion-operateur, sê hulle beskou die voorval in ’n ernstige lig.

“Die veiligheid van ons besoekers en ondersteuners kom eerste. Die Highlanders weet in hierdie stadium net soveel as wat ons weet,” het Terry Davies, DVML se uitvoerende hoof, aan die Otago Daily Times gesê.

Die Highlanders het die wedstryd met 35-29 gewen. – Reuters

Meer oor:  Highlanders  |  Blues  |  Superrugby  |  Aotearoa
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.