Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
SuperRugby
Tongaan maak Super-debuut vir Bulle
Die Tongaanse Wêreldbeker-speler Nafi Tuitavake sal Saterdag die eerste keer die Bulle se middelveld in ’n Superrugby-wedstryd help beman. Foto: Getty Images

Die Bulle het Saterdag ’n Tongaan in die agterlyn, terwyl die Springbokke Embrose Papier en Marco van Staden vanjaar die eerste keer in die opdrafspan is.

Burger Odendaal, kaptein van die Bulle, het nie van sy enkelbesering herstel nie en Nafi Tuitavake neem sy plek in die middelveld vir Saterdag se Superrugby-wedstryd teen die Jaguares op Loftus Versfeld.

Die Bok-stut Trevor Nyakane voer die span in Odendaal se afwesigheid aan.

Papier is die nuwe skrumskakel ten koste van Ivan van Zyl, terwyl Van Staden, wat harsingskudding opgedoen het in die voorseisoen, Wian Vosloo se plek in die span neem.

Pote Human, die Bulle-breier, sê hy is opgewonde om Tuitavake, wat Tonga in die 2019 Wêreldbeker-toernooi verteenwoordig het, in aksie te sien.

“Dit is ’n spesiale geleentheid wanneer enige speler die eerste keer ’n Bulle-trui oor die kop trek, so ons weet Nafi sal opgewonde, maar ook effe op sy senuwees wees.

“Hy het lanklaas Superrugby gespeel (vir die Crusaders), maar lyk gevaarlik op die oefenveld en hy is lekker ervare.”

Marco van Staden bars in 2018 oor vir ’n drie in die Bulle se stryd teen die Jaguares op Loftus Versfeld. Hy speel Saterdag sy eerste Superstryd van die jaar teen die einste Jaguares. Foto: Gallo Images

Human sê die terugkeer van Van Staden is ’n groot hupstoot vir die span.

“Hy is so fisiek en die passie wat hy vir die Bulle het, sal ’n groot verskil maak.”

Josh Strauss skuif van agtsteman na flank en Jeandré Rudolph sak nou agter die skrum.

“Josh het vir Skotland in die nr. 7-trui gespeel en Jeandré het vir die Pumas op agtsteman uitgeblink en ons glo dit is ’n beter kombinasie met Marco wat terug is in die lostrio.”

Human sê hy hoop die feit dat die besoekers verlede naweek ’n paar staatmakers teen die Stormers ’n blaaskans gegee het, is ’n aanduiding dat hulle Saterdag se wedstryd geteiken het as ’n “makliker wedstryd” om te wen.

“Ons hoop so. Hulle het ’n paar sterre gerus, veral in hul voorry. Of hulle ons geringskat of nie, ons het baie deeglik voorberei vir ’n span wat ’n sterk agttal het.”

Of hulle ons geringskat of nie, ons het baie deeglik voorberei vir ’n span wat ’n sterk agttal het.
Pote Human

Johnny Kotze, wat op binnesenter instaan vir die beseerde Odendaal, bevestig dat die Bulle dun is in dié posisie.

Human sê hy wou nie met ’n onervare speler waag nie.

“Johnny is ervare en hy het al daar gespeel. Met hom en Nafi het ons genoeg ervaring, wat nodig gaan wees teen ’n span soos die Jaguares.”

Bulle se span:
Warrick Gelant, Cornal Hendricks, Nafi Tuitavake, Johnny Kotze, Rosko Specman, Morné Steyn, Embrose Papier, Jeandré Rudolph, Josh Strauss, Marco van Staden, Juandré Kruger, Andries Ferreira, Trevor Nyakane (k), Jaco Visagie, Lizo Gqoboka. PLAASVERVANGERS: Corniel Els, Gerhard Steenekamp, Wiehahn Herbst, Ruan Nortjé, Ruan Steenkamp, Ivan van Zyl, Manie Libbok, Divan Rossouw.

 

Meer oor:  Nafi Tuitavake  |  Pote Human  |  Marco Van Staden  |  Pretoria  |  Tonga  |  Bulle  |  Superrugby  |  Loftus  |  Rugby  |  Senter
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.