Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
SuperRugby
Toutrekkery oor Kwagga aan die kom
Kwagga Smith verlede jaar vir die Springbokke in die Wêreldbeker-wedstryd teen Kanada in aksie.Foto: Getty Images

Kwagga is ’n Leeu en basta met die res.

Dít blyk die houding op Ellispark te wees nadat daar die afgelope naweek gerugte was dat Kwagga Smith by die Haaie kan aansluit wanneer hy weer sy rugbyloopbaan in Suid-Afrika voortsit.

Die 26-jarige Springbok-flank, wat sy rugby nou in Japan speel, kan later vanjaar terugkeer na Suid-Afrika in sy strewe om deel te vorm van die Blitsbokke, wat aan die Olimpiese Spele in Tokio gaan deelneem.

Daar is bespiegel dat hy in die visier van die Haaie is, maar die Leeus het Dinsdagoggend aangekondig dat hulle wel met Smith onderhandel om weer ’n Leeu te word en steeds sy rugby op Ellispark te speel.

Die Haaie het met hul jong en indrukwekkende uitvoerende hoof, Eduard Coetzee, onlangs baie indrukwekkende kopies gedoen wat hul spelers en hul afrigtingspan betref en hy sou gewis die waarde gesien het wat iemand soos Smith as speler inhou, veral met die manier waarop die Durbaniete speel.

Hy sal naatloos in hul speelstyl inpas.

Dit kan dus nog ’n stewige toutrekkery afgee tussen die Leeus en die Haaie oor Smith se dienste.

Die Leeus het in die onlangse verlede heelwat van hul voorslagspelers ingeboet en dit kan wees dat spelers wat nog tot onlangs tuis gevoel het in die Goudstad, dalk nou eerder elders kan kyk vir ’n heenkome.

Rudolf Straeuli, die Leeus se uitvoerende hoof, het by navraag bevestig dat die onderskeie partye tans onderhandel, maar het gesê soos alle kontrak-onderhandelinge, is die proses vertroulik.

Meer oor:  Rudolf Straeuli  |  Kwagga Smith  |  Johannesburg  |  Leeus  |  Flank  |  Superrugby  |  Springbok  |  Rugby
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.