Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
SuperRugby
Tweestryd in Kiwi-rugby vlam weer op

Die intense tweestryd tussen Canterbury en Auckland in Nieu-Seelandse rugby het opgevlam voor Saterdag se stryd tussen die Crusaders en die Blues, met albei spanne wat op die kruin van die golf ry in die Superrugby-Aotearoa-reeks.

Beauden Barrett beur vorentoe met die bal by ’n Blues-oefening vandeesweek. Kan dié invloedryke All Black die span van Auckland Saterdag help om ’n lang wendroogte teen die Crusaders te beëindig? Foto: Getty Images

Só sê die Crusaders se hulpafrigter, Scott Hansen.

Dié twee provinsies se tweestryd kom reeds meer as ’n eeu, maar het onlangs in die niet verdwyn met die Crusaders wat Nieu-Seelandse rugby die afgelope twee dekades oorheers het.

Albei spanne is egter onoorwonne in hul eerste drie wedstryde in die plaaslike Superreeks en die hoop bestaan dat hierdie kragmeting reg sal laat geskied aan die geskiedenis tussen dié spanne.

“Dit voel soos die ou dae,” het Hansen gesê toe hy gevra is of die tweestryd terug is. “Ons het baie respek vir die Blues. Ons sal moet gereed wees vir die stryd, want hulle gaan beslis wees.”

Die Blues het in die onlangse verlede kwaai gesukkel teen die Crusaders en hul laaste 11 wedstryde teen die manne van Christchurch verloor. Trouens, die laaste keer wat die Blues die Crusaders kon klop, was in 2014, toe hulle met 35-24 baas was.

Die kaptein, Patrick Tuipulotu, die haker James Parsons en die stut Ofa Tuungafasi is die enigste van die Blues-spelers wat in daardie groep van 2014 was.

Die Crusaders-skrumskakel Bryn Hall was ook in die Blues se groep voordat hy in 2016 suid geskuif het en hy glo Leon MacDonald se groep is besig om na ’n herbouproses van twee jaar te kliek.

“Dit was net ’n kwessie van tyd met die groep wat hulle het,” sê hy. “Jy kan hulle groei oor die laaste twee jaar sien.”

Daardie verbetering is volgens Hansen ’n goeie ding vir Nieu-Seelandse rugby en beamptes verwag ’n volgepakte stadion in Christchurch.

“Twee onoorwonne spanne wat alles gaan gee, gaan een hengse stryd wees.” – Reuters

• Die Crusaders en Blues se wedstryd skop Saterdag om 09:05 (SA tyd) af en word regstreeks op SS1 en GDN uitgesaai. Sondag se stryd (05:35) tussen die Hurricanes en Highlanders in Wellington word op dieselfde kanale gebeeldsend.

Meer oor:  Blues  |  Crusaders  |  Superrugby  |  Aotearoa-Reeks  |  Aotearoa
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.