Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
SuperRugby
Trane in 2018 sal Haaie teen ’Canes dryf

Die Haaie het ’n appeltjie te skil met die Hurricanes in Nieu-Seeland.

Twee jaar gelede, in Napier, het die Haaie op die randjie daarvan gestaan om die bykans ondenkbare te vermag. Met die telling op 37-28 in die Durbaniete se guns en ses minute se speeltyd oor, was ’n tweede agtereenvolgende sege in Nieu-Seeland só naby. Hulle het die Blues die vorige naweek met 63-40 in Auckland afgeslag en ’n oorwinning oor die ’Canes het gewink.

Die Haaie se kaptein, Lukhanyo Am, het in 2018 twee drieë in sy span se naelskraapse nederlaag teen die Hurricanes in Napier gedruk. Foto: Getty Images

Maar ’n Kiwi-span weier mos om te gaan lê en die Hurricanes het teruggeveg. Hulle het eers met ’n strafdoel binne trefafstand gekom (31-37). Met die horlosie in die rooi op 84 minute, het die senter Ngani Laumape sy tweede drie gaan druk en die Haaie tot ’n nederlaag van 37-38 verdoem.

Die Haaie se huidige kaptein, Lukhanyo Am, het daardie dag twee drieë gedruk. Wanneer sy span Saterdagoggend in Wellington teen die Hurricanes te staan kom, sal hy hoop om weer met so ’n skitterende vertoning vorendag te kom, maar dat die uitslag dié keer anders is.

Die Haaie het nou die kans om hul Superrugby-seisoen ’n steroïed-inspuiting te gee. Hulle het reeds een oorwinning in Nieu-Seeland op hul rekord nadat hulle die Highlanders verlede week oortuigend met 42-20 geklop het. Dit het reeds gevolg op ’n sege in die openingswedstryd teen die Bulle.

Ná die wedstryd in Wellington pak hulle die Rebels en die Reds in hul ander twee toerwedstryde. Die span sal voel een of selfs albei daai Aussie-spanne kan geklop word.

Die toer kan dan vroeg reeds uit die pad wees, met báie goeie uitslae.

Hulle is steeds ’n span van gehalte en ons sal steeds op ons beste moet wees. Dis moeilik om die Jaguares in Argentinië te klop en hulle het dit reggekry.
Sean Everitt

Maar kom ons dink nog nie té ver vooruit nie – eers moet die Haaie net op die Hurricanes fokus.

Die Nieu-Seelanders het halfpad om die wêreld en terug gevlieg in die laaste paar weke. Eers moes die Hurricanes Kaapstad toe vir hul wedstryd teen die Stormers; van daar af Buenos Aires toe om die Jaguares te takel te vat en nou terug Wellington toe. Dis dus amper meer van ’n tuiswedstryd vir die Haaie, wat reeds byna twee weke in Nieu-Seeland is.

Sean Everitt, die afrigter, lees egter nie veel in hul teenstanders se veeleisende reisprogram nie.

“Hulle is steeds ’n span van gehalte en ons sal steeds op ons beste moet wees. Dis moeilik om die Jaguares in Argentinië te klop en hulle het dit reggekry.”

Die Hurricanes het ’n hupstoot gekry met die nuus dat hul sterhaker Dane Coles weer beskikbaar is. Hy is op die plaasvervangersbank gekies.

Laumape en Vince Aso is steeds, soos in 2018, in die Hurricanes se agterlyn. Am sal hoop om hulle dié keer minder te gee om oor fees te vier.

Hurricanes: Jordie Barrett, Wes Goosen, Vince Aso, Ngani Laumape, Ben Lam, Jackson Garden-Bachop, TJ Perenara (k), Reed Prinsep, Gareth Evans, Vaea Fifita, Scott Scrafton, Isaia Walker-Leawere, Tyrel Lomax, Asafo Aumua, Fraser Armstrong. PLAASVERVANGERS: Dane Coles, Pouri Rakete-Stones, Alex Fidow, Liam Mitchell, Du’Plessis Kirifi, Jamie Booth, Fletcher Smith, Billy Proctor.

Haaie: Aphelele Fassi, Madosh Tambwe, Lukhanyo Am (k), André Esterhuizen, Makazole Mapimpi, Boeta Chamerlain, Louis Schreuder, Sikumbuzo Notshe, Tyler Paul, James Venter, Hyron Andrews, Ruben van Heerden, Thomas du Toit, Kerron van Vuuren, Ox Nche. PLAASVERVANGERS: Craig Burden, Juan Schoeman, John-Hubert Meyer, Le Roux Roets, Dylan Richardson, Phepsi Buthelezi, Sanele Nohamba, Jeremy Ward.

  • Skeidsregter: Ben O’Keeffe (NS).
  • Afskop: 08:05 (SS 1, GDN).

Superrugby-bepalings

Superrugby-puntelyste

Superrugby-uitslae

Meer oor:  Haaie  |  Superrugby  |  Hurricanes  |  Rugby
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.